Zuma se seun ondervra oor noodlottige ongeluk

Duduzane Zuma Foto: africa.widmi.com

Duduzane Zuma Foto: africa.widmi.com

Duduzane Zuma, pres. Jacob Zuma se seun, sal na verwagting vandeesweek deur die polisie ondervra word nadat hy glo in ʼn ongeluk betrokke was waartydens ʼn vrou dood is en twee ander persone kritiek beseer is, het die Sunday Times berig.

Phumzile Dube (30) is verlede Saterdag dood in die ongeluk in Graystonrylaan in Sandton. Duduzane het glo in ʼn taxi vasgery. Die taxibestuurder en ʼn 72-jarige vrou is kritiek beseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die polisie het nie ʼn asemtoets op die toneel geneem nie, alhoewel dit verpligtend is tydens enige noodlottige ongeluk, het die polisie gesê. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê ʼn asemtoets is nie gedoen nie, omdat hy geen tekens getoon het dat hy onder die invloed van alkohol bestuur het nie.

Edna Mamonyane, ʼn senior beampte van die Johannesburgse metropolisie, het aan die koerant gesê dit is standaardprosedure dat enige bestuurder, wat by ʼn noodlottige ongeluk betrokke was, van strafbare manslag aangekla word. Duduzane is glo nie aangekla nie, maar sal na verwagting in die week ondervra word. -SAPA

Lees ook:
Zuma se seun moontlik vir strafbare manslag ondersoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gideon Erasmus ·

En ek wonder wat sou gebeur het as ‘n boer met sy bakkie in die taxi vasgery het?

Hettie Lotz ·

Gideon jy hoe glad nie te wonder nie. As dit n boer was wat van n kerkdiens afgekom het sou hulle hom net daar in hegtenis geneem het.

Jasper ·

Hy gaan niks oorkom nie, papa se kind.
Die oorledene se familie moet n siviele eis teen hom instel.

Dan ·

Die taxi’s in Graystonrylaan en ook in William Nicol, stop eenvoudig dood in die paaie sonder enige waarskuwing. Passasiers word dan op -en afgelaai. Hulle neem solank hulle wil en dink dat hul alleenreg op die paaie het en kan ry soos hulle wil. Niemand doen iets daaraan nie. Ek was self al amper in ‘n ongeluk daar betrokke weens ‘n taxi wat roekeloos in die pad tot stilstand gekom het. Ek sê nie Zuma is onskuldig nie, maar waar ‘n taxi in ‘n ongeluk betrokke is, is ek normaalweg geneig om aan te neem dit is die taxi bestuurder se skuld.

Ri ·

Daar is een stel reels vir die gewone publiek en dan nog n stel reels vir politici, veral as jou prez is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.