Zuma se seun vir R5 miljoen gedagvaar

Edward Zuma Foto: Marilyn Bernard, Daily News

Edward Zuma, president Jacob Zuma se seun, word deur ‘n staatsbeheerde organisasie gedagvaar nadat hy op ‘n R5 miljoen-lening agterstallig geraak het.

Ithala Development Finance Corporation is gestig om lenings aan klein besighede en entrepreneurs in KwaZulu-Natal te verskaf. Die maatskappy het bevestig dat hy hofdokumente opgestel het om die fondse van Zuma te verhaal, berig The Sunday Times. Hy het blykbaar op twee lenings agterstallig geraak, een van R4.4 miljoen en een van R512 000. “Hy sukkel om sy skuld, net soos enige ander Suid-Afrikaner, te betaal,” het Siphiwe Mncwango, Zuma se prokureur, gesê.

Edward is president Zuma se oudste seun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.