Zuma se skildery steeds op webwerf

'n Foto van die omstrede Zuma-skildery is nog steeds te sien op die Goodman galery se webwerf.

Die omstrede Zuma-skildery pryk steeds op die Goodman-galery se webwerf.

Dit volg nadat daar vroeër Dinsdag berig is dat die skildery van die galery se webwerf verwyder sou word. Adriaan Basson van City Press het op Twitter laat weet dat die Goodman galery se regspan gesê het die galery gaan nie “The Spear” verwyder nie. EWN het dieselfde platform gebruik om te sê dat die galery van mening is dat die ANC se uitsprake nie ooreenstem met die party se voorstelle wat tydens vertroulike onderhandelinge gemaak is nie. Die onderhandelinge ook nie tot ʼn skikking tussen die twee partye gelei het nie.

Die inligting het glo van die galery se regspan gekom tydens die Film en Publikasieraad se verhoor in Pretoria op Dinsdag. Alhoewel dié raad erken het dat hulle nie vir die gedrukte media kan voorskryf nie, sal hulle die klagtes rondom die omstrede skildery verder voer.

Volgens ʼn news24.com berig het die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, vroeër Dinsdag buite die galery aangekondig dat die skildery van die Goodman webwerf verwyder sou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.