“Zuma se staatsrede net sake-soos-gewoonlik” – Solidariteit

President Jacob Zuma tydens die staatsrede van 2014. Foto: GCIS

President Jacob Zuma tydens die staatsrede van 2014. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma het in sy staatsrede groot gewag gemaak van die projekte wat die staat met belastingbetalers se geld voltooi het. Solidariteit is egter van mening dat talle van hierdie projekte veel meer doeltreffend en goedkoper deur mededingende privaat inisiatiewe afgehandel kon word.

Paul Joubert, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), sê ondoeltreffende staatsbesteding en meer beloftes vir groter besteding plaas druk op belastingbetalers aangesien hulle uiteindelik vir die groeiende staatskuld wat dit meebring, verantwoordelik is. “Die president se staatsrede fokus slegs op wat die regering doen, asof dit al belangrike komponent van die samelewing is. Dit skep die indruk dat slegs die regering gemeenskaplike vooruitgang kan bring, terwyl ondoeltreffende staatsbesteding eerder die teenoorgestelde tot gevolg het.”

Volgens Joubert lyk dit of daar tot na die verkiesing gewag sal moet word om meer duidelikheid te kry oor enige konkrete beleidstappe wat die regering vir die res van 2014 beoog. “Die toespraak was ’n geval van sake-soos-gewoonlik en daar is nie veel gedoen om vrese oor sy toespraak se vyf fokus-areas te besweer nie.”

Lees ook:
Nuuskommentaar: Geweld is apartheid se skuld – staatsrede
AfriForum meen staatsrede is gekenmerk deur ontkenning van brandpunte
Staatsrede: “Miljarde word spandeer terwyl Jan Alleman die rekening moet delg”
Staatsrede 2014: “Sukses is die teelaarde vir ʼn groter verwagting”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Kan nie glo hy praat van kurrupsie en se niks van zumaville war R206mil kos. Paaie wat gebou is … waar? Dorpe en strate wat naam verandering ondergaan met belasting geld. Duidelik is die anc nie trots om name te gee vir die lokasies wat soos padda stoele opskiet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.