Zuma se woordvoerder wil bloed by private laboratorium laat toets

Zizi Kodwa.

Die presidensiële woordvoerder, Zizi Kodwa, het ʼn formele aansoek ingedien vir die vrystelling van sy bloedmonsters wat deur die Rosebank-polisiekantoor geneem is.

Kodwa wil hê sy bloedmonsters moet by ʼn private laboratorium getoets word nadat hy Vrydagoggend vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem is in Rosebank. ʼn Bloedmonster is geneem en Kodwa is op borgtog van R1 000 vrygelaat. Kodwa sê sy regsverteenwoordiger het regsdokumente ingedien by die Rosebank-polisiestasie waarin hul voorneme om die polisie te dagvaar uiteengesit word. Kodwa sê hy gaan die polisie vir R5 miljoen dagvaar. Hy sê hy gaan ook die betrokke polisiebeamptes in hulle private hoedanigheid dagvaar. Kodwa sê die polisie het twee dae om sy bloedmonsters vry te stel. Hy moet op 11 Mei in die Hillbrow landdroshof verskyn. Kodwa sê hy sal vrygespreek word indien die bloed by ʼn private laboratorium getoets word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.