Zuma-skildery: ANC trek hofsake terug

Die ANC gaan hul hofsake teen die Goodman Galery en City Press terugtrek. Die ANC en die Goodman Galery in Johannesburg het dít Woensdag tydens ‘n gesamentlike mediakonferensie by die galery aangekondig.

Albei die partye het vroeër ‘n ooreenkoms bereik, waartydens die galery ingestem het om beeldmateriaal van die skildery van sy webwerf te verwyder en die skildery nie verder uit te stal nie.

Liza Essers, die direkteur van die galery, het die ooreenkoms tussen die partye voorgelees waarin die ANC bevestig dat hy sy aansoek, wat tans voor die Suid-Gautengse Hooggeregshof dien, gaan terugtrek. Jackson Mthembu, die ANC se woordvoerder, het ook gesê hulle gaan die hofsaak teen die City Press laat vaar.

Essers het bevestig dat die Duitse koper die skildery soek soos wat dit tans is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.