Zuma-skildery: beskuldigdes se hofsake uitgestel

Die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Brett Murray se omstrede kunswerk van president Jacob Zuma Dinsdag gevandaliseer het, se hofsake is uitgestel vir verder ondersoek.

Barend la Grange het Woensdag buite die Johannesburgse landdroshof, waar hy en Lowie Mabokela verskyn het, gesê dit gaan nie oor kuns nie, maar dit was eerder ‘n politieke kwessie wat ‘n rasse-kwessie geword het. La Grange en Mabokela word van opsetlike saakbeskadiging aangekla.

Hul verhore is na die Hillbrow-landdroshof geskuif en is tot 8 Junie vir verdere ondersoek uitgestel.

George Moyo, wat Dinsdag in hegtenis geneem is toe hy met ’n spuitkannetjie ’n muur buite die Goodman-galery beverf het, is borgtog van R1 000 in die Hillbrow-landdroshof toegestaan.

Hy moet weer op 14 Junie in die hof verskyn. Hy is ook van opsetlike saakbeskadiging aangekla nadat hy na wat verneem word die woord respect op die muur probeer spuit het.

Intussen het die Film- en Publikasieraad hul vergadering om te bepaal of die skildery pornografies is of nie, tot Dinsdag uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.