Zuma-skildery: Galery gaan dit nie verwyder nie

Die Goodman-kunsgalery in Johannesburg gaan nié die skildery van president Jacob Zuma, wat sy privaatdele ontbloot, verwyder nie.

“Ons voel dit sal sensorskap wees as ons die kunswerk afhaal,” het Lara Koseff, woordvoerder van die galery, Vrydag aan Sapa gesê.

Die ANC is woedend oor kunstenaar, Brett Murray, se kunswerk, genaamd The Spear, en het hul regspan gevra om die howe te nader om die kunstenaar en galery te dwing om die kunswerk te verwyder en alle promosiemateriaal daaroor te vernietig.

Volgens Koseff het die galery se regspan die ANC laat weet die kunswerk gaan bly. “Die galery het gedurende en ná apartheid by sy kunstenaars gestaan, en sal hulle aanhou bystaan.”

Die ANC het ook versoek dat City Press ʼn foto van die skildery van hul webwerf verwyder. Die koerant het geweier en gesê hulle sal dié besluit aan die howe laat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.