Die Film- en Publikasieraad het Vrydag die omstrede Zuma-skildery met ‘n ouderdomsbeperking van 16 geklassifiseer.
Die raad het gesê kinders onder die ouderdom van 16 mag nie afbeeldings daarvan sien nie, omdat dit naaktheid bevat.
“Enige persoon of instansie wat afbeeldings of replikas van die betrokke kunswerk in die toekoms wil vertoon of publiseer, moet die nodige maatreëls neem om seker te maak dat toegang daartoe gereguleer word om te verhoed dat kinders onder 16 dit sien,” het die raad in ʼn verklaring gesê.
Een kommentaar