Zuma-skildery: Strate toegemaak vir betogers by hof

Strate om die Johannesburgse hooggeregshof gaan na verwagting Dinsdag toegemaak word om ANC-lede toe te laat om te betoog.

ANC-betogers word buite die hof verwag waar die ANC gaan poog om ʼn interdik te kry wat die Goodman Galery in Johannesburg verbied om die skildery wat president Jacob Zuma met ʼn oop gulp uitbeeld, getiteld “The Spear”, uit te stal.

City Press word ook aangevat omdat hulle ʼn foto van dié skildery op hul webwerf gelaai het en ANC gaan poog dat dit ook verwyder word.

Die skildery is deel van die Kaapstadse kunstenaar, Brett Murray, se uitstalling wat “Hail to the thief II’ heet.

Die ANC  het Maandag ʼn beroep op hul lede gedoen om by die hof bymekaar te kom om die saak te ondersteun.

Volgens Wayne Minnaar, metropolisiewoordvoerder, gaan gedeeltes van Pritchard- en Presidentstraat gesluit wees. “Paaie sal weens die ANC se betoging gesluit wees en sal weer na verwagting 15:00 oop wees,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.