Zuma-skildery: Veiligheidswag se saak uitgestel

Die saak teen die veiligheidswag van die Goodman-galery, wat een van die verdagtes wat die skildery van president Jacob Zuma met verf besmeer het en daarvolgens met die kop bygedam is, is Maandag in die Hillbrow-distrikshof uitgestel.

Paul Molesiwa word van aanranding aangekla na hy Lowie Mabokela met die kop bygedam en op die grond neergegooi het. Mabokela het verlede Dinsdag ʼn aanklag van aanranding aanhangig gemaak.

Rod Montano, Molesiwa se prokureur, het aangevoer Molesiwa wou die verdagte aankeer, maar hy het hom teen inhegtenisname verset.

Molesiwa is op borgtog van R1000 vrygelaat. Die saak is tot 29 Junie uitgestel.

Sien ʼn video van die voorval hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.