Zuma-skildery: Verdagte in hof

Een van die mans wat glo verlede jaar die “Spear”-skildery in die Goodman Galery in Johannesburg geskend het, verskyn vandag in die Hillbrow-landdroshof.

Louis Mabokela word van opsetlike saakbeskadiging aangekla nadat hy glo swart verf oor die berugte skildery gesmeer het. Die Kaapse kunstenaar, Brett Murray, het die skildery, wat president Jacob Zuma met sy ontblote privaatdele uitbeeld, geverf. Die skildery was deel van ʼn uitstalling “Hail to the Thief II” by die galery toe die voorval plaasgevind het.

Barend la Grange, die ander man wat ook die skildery geskend het, het ná die voorval R1 000 skulderkenningboete betaal.

Mabokela het sy R1 000-skulderkenningsboete van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.