Zuma-skildery verkoop

Yakhal'inkomo - Black Man's Cry. Foto: Art South Africa/Facebook

Yakhal’inkomo – Black Man’s Cry. Foto: Art South Africa/Facebook

ʼn Skildery wat president Jacob Zuma en die bloedbad by Marikana uitbeeld is vir R89 000 verkoop.

Greg Dale, direkteur van die Commune.1-galery, sê Ayanda Mabulu se werk getiteld Yakhali’imkono – Black Man’s Cry is Saterdagaand tydens die FNB Joburg Kunsfees 2013 verkoop. “Ons het nie die verkoopsprys van die werk verander ná die omstredenheid daar rondom nie.” Die skildery is aanvanklik van die fees verwyder maar is glo later weer ten toon gestel nadat die fotograaf David Goldblatt, die hoofkunstenaar by vanjaar se fees, sy werk uit protes verwyder het.

Die werk wys ʼn knielende mynwerker met horings op sy kop – ʼn metafoor vir ʼn sterwende bul. Zuma staan agter die mynwerker met ʼn hond aan ʼn leiband. Die hond, wat die polisie simboliseer, val die mynwerker aan. Zuma staan met sy voet op ʼn ander mynwerker se kop. Brittanje se koninging Elizabeth II en prins Charles kyk toe en lag oor die toneel wat voor hul afspeel. Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), word ook in die werk uitgebeeld en lyk geskok deur wat hy sien. ʼn Stiervegter lok die mynwerkers na sy swaard met ʼn Suid-Afrikaanse vlag in plaas van die gebruiklike rooi doek.

Mabulu het in 2010 vir omstredenheid gesorg met sy werk Better Poor than a Rich Puppet wat Zuma se ontblote geslagsdeel uitbeeld. Die kunstenaat Brett Murray se werk The Spear is verlede jaar uit die Goodman-galery in Johannesburg verwyder. Zuma se ontblote geslagsdeel word ook in die skildery uitgebeeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rudi ·

Hierdie EFF riff-raff kan ook nie ‘n opinie lug sonder geslagsdele nie, ne. Ek dink dit sê meer as enige woorde.

En ek weet nie van Prins Charles nie, maar ek lag lekker om te sien hoe die ANC en trawante hulself van die binnekant af verskeur. Doe zo voort, kêrels – veg mekaar, julle doen sommer ons werk vir ons. As dit so aanhou, kan SA dalk nog van julle wurggreep verlos word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.