Zuma-skildery: Wag wat vandalis aanval in hof

Die verhoor van die veiligheidswag wat verlede jaar glo ʼn man aangerand het terwyl hy ʼn skildery van president Zuma in die Goodman-galery geskend het, begin vandag in die Hillbrow-landdroshof.

Paul Molesiwa word aangekla dat hy op 22 Mei vir Louis Mabokela by die galery aangerand het. Molesiwa moes glo optree teen Mabokela nadat hy Zuma se veelbesproke Spies-skildery met swart verf besmeer het. Die skildery het opslae gemaak nadat die kunstenaar die president geskets het met sy privaatdele ontbloot.

Rod Montano, Molesiwa se prokureur, het tydens ʼn vorige hofverskyning gesê hulle gaan nie ʼn R1 000-skulderkenningsboete betaal wat deur die staatsaanklaer aangebied is nie.

Mabokela, wat aangekla word van opsetlike saakbeskadiging, het ook ‘n R1 000-skulderkenningsboete van die hand gewys.

Barend la Grange, die ander man wat ook die skildery geskend het, het wel die R1 000 boete betaal.

Die onderstaande video is deur die gebruiker 2oceansvibe op YouTube gelaai (Waarskuwing: kru taal):

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.