Zuma stel Mogoeng aan as hoofregter

President Jacob Zuma het regter Mogoeng Mogoeng aangestel as die land se nuwe hoofregter.

Zuma het dié aankondiging gemaak tydens ʼn spesiale mediakonferensie by die presidensiële gastehuis in Pretoria. Die Regterlike Dienskommissie (RDK) het die naweek onderhoude gevoer met Mogoeng waartydens hy onder meer uitgevra is oor sy godsdienstige oortuigings, sy gebrek aan ondervinding vir dié pos en sy vorige uitsprake. Die RDK het hierna aan Zuma aanbeveel dat Mogoeng die land se nuwe hoofregter moet wees. Zuma is erg gekritiseer oor die wyse waarop hy Mogoeng benoem het. Daar is onder meer kommer uitgespreek oor die feit dat die RDK weier om nog benoemings te aanvaar. Die pos van hoofregter is vacant gelaat nadat Sandile Ngcobo se termyn in Augustus verstryk het

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.