Zuma te “vet” om in Aurora-saak te getuig

Khulubuse Zuma. Foto: Sunday Times

Khulubuse Zuma, een van Aurora se omstrede direkteure, kan glo nie getuig in Pamodzi Gold se insolvensie-saak nie omdat hy te sieklik is weens vetsug.

Business Report berig dat Zuma, neef van president Jacob Zuma, se regsverteenwoordiger Donderdag aangevoer het Zuma kan nie getuig nie aangesien hy net een nier en hartprobleme het as gevolg van vetsug. Die saak is uitgestel. Die vakbond Solidariteit het vroeër in ʼn verklaring gesê dat een van Pamodzi Gold se likwidateurs, Johan Engelbrecht, aangebied het om ʼn dokter te reël om die verrigtinge by te woon om Zuma se mediese toestand te monitor, maar dat die aanbod van die hand gewys is. Solidariteit sê daar is twee dae se koste vir tolkdienste aangegaan vir Zuma se ondervraging, maar hierdie geld is nou vermors. Dit is die tweede keer wat Zuma weier om te getuig nadat hy in September ook geweier het om te getuig tensy hy dit in Zoeloe kon doen. Zondwa Mandela, besturende direkteur van Aurora en kleinseun van oud-president Nelson Mandela, het ook vroeë geweier om te getuig omdat hy “te siek” is. Zuma, Mandela en ander direkteure van Aurora word daarvan beskuldig dat die Grootvlei-myn en Orkney-myn van miljarde rande se bates gestroop het. Hulle moet ingevolge art. 417 en 418 van die Maatskappywet voor die meester van die hooggeregshof in Pretoria oor die insolvensie van Pamodzi Gold getuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

tokkelos ·

O alla wêreld tog! Ek’s die eerste om te erken dat ek nie veel weet van die verrigtinge gedurende ‘n hofsaak nie, maar Vader – wat ‘n bespotting? Is daar nie ‘n regter of so iets wat moet luister na albei kante en dan ‘n besluit moet maak nie? Diè kant sê hy’s te vet en daai kant sê ons sal vir hom ‘n dokter kry. En dan besluit die regter … hmmmm…. (sê nou maar): hy was nie te vet om Pamodzi te stroop nie, so hy moet die verrigtinge bywoon en ophou om belastingbetalers se geld ook nog te mors, nie? Feit is terwyl almal poer-poer en storietjies uitdink, word Pamodzi gestroop – nie dat daar veel meer is om te stroop nie, maar nogtans. Mense – REGTE, EGTE mense – het hulle lewens gebou op leë beloftes terwyl die “Fat Cats” myn-myn gespeel het. Die vorige likwidateurs het hoeveel nou weer uit die “likwidasie” gekry? En hullle vriende? En die se familie? …. Wel, die ouens wat die werk gedoen het, wag nog. Gaan/kan die hof ‘n verskil maak as daar niks meer oor is om mee ‘n verskil te maak nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.