Zuma trou wéér

Foto: GCIS

President Jacob Zuma sal volgende naweek wéér in die eg verbind word tydens ʼn tradisionele plegtigheid in Nkandla, sy tradisionele tuiste in KwaZulu-Natal.

Sunday Times berig dat Gloria Bongekile Ngema volgende naweek Zuma (70) se vierde vrou sal word nadat hulle reeds jare verloof is. Zuma se woordvoerder, Mac Maharaj, het gister bevestig dat die president die naweek weer sal trou. Zuma het ʼn 3-jarige seuntjie saam met Ngema. Hy het na bewering 20 kinders in totaal. Ngema het Zuma verlede jaar op ʼn diplomatieke besoek vergesel na Frankryk. Die eer val gewoonlik die “eerste dame” te beurt. Zuma het Donderdag sy 70ste verjaardag gevier. Zuma se drie ander vroue is Sizakele Khumalo, Nompumelelo “MaNtuli” Zuma en Thobeka Stacey Mabhija. Hy is Januarie 2008 met MaNtuli getroud. Zuma is in 1998 van Nkosazana Dlamini-Zuma geskei. Sy ander vrou, Kate Zuma, het in 2000 selfmoord gepleeg.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.