Zuma-uitjouery dalk ondersoek

Pres. Jacob Zuma by die gedenkdiens Foto: Skermskoot van regstreekse uitsending van eNCA

Pres. Jacob Zuma by die gedenkdiens Foto: Skermskoot van regstreekse uitsending van eNCA

Die ANC het nog nie besluit of hy gaan ondersoek instel na die uitjouery van president Jacob Zuma tydens oudpresident Nelson Mandela se huldigingsdiens by die ENB-stadion in Soweto nie, berig The New Age.

Volgens die berig het Blade Nzimande, sekretaris-generaal van die SAKP, versoek dat die voorval ondersoek word. Alex Mashilo, woordvoerder van die SAKP, het aan die koerant gesê die party glo dat die uitjouery nie spontaan plaasgevind het nie maar georkestreer was. Hy sê die SAKP het met die ANC en regering ontmoet en versoek dat hulle die ondersoek lei. Die ANC sê intussen hoewel hy dankbaar is oor die versoek hy nog nie besluit het of hy wel ondersoek na die voorval gaan instel nie.

Bron: The New Age

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gert ·

Siestog, ou Stortkoppie voel seker vreeslik vernederd omdat die skare hul misnoe met hom gewys het. As hy tog net sy misnoe ook wil wys met die klomp belastingbetalers geld wat hy wanbestee het met sy paleis wat hy laat bou het vir hom, sy harem en ‘n skare kinders! Dit sal nogal interessant wees hoe die ondersoek gaan verloop, indien wel, en aan wie die taak toevertrou gaan word? You ANC-nothing yet!!!!!

Grassie ·

Die uitjouing was `n uiting van openbare mening. Daar is geen manier waarop `n ondersoek iets daaraan kan doen nie.

Babs ·

Sy eie mense wat hom uitgejou het. Volgende verkieseing stem hulle weer vir hom – en hy weet dit.

Conrad ·

Babs, volgende jaar kry hulle weer n T-shirt, dan is alles weer ‘shap’!

Iemand ·

Zuma se gewildheid het ‘n baie groot knou gekry sy dae is verby, daarom het hy goed vir homself gesorg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.