Zuma versoek vreedsame betogings

Die polisiestasie in Bronkhorstspruit. Foto: Brig. Neville Malila / Saps

‘n Polisiestasie in Bronkhorstspruit is onlangs tydens betogings aan die brand gesteek. Foto: Brig. Neville Malila / Saps

Pres. Jacob Zuma het Sondag gesê die gewelddadige aard van openbare betogings waar mense glo ook deur die polisie se toedoen gesterf het, is kommerwekkend.

“Dood weens onnatuurlike oorsake is pynvol vir ons as regering en ons moet alles in ons vermoë doen om dit te verhoed,” het Zuma in ‘n verklaring gesê. Zuma sê die Grondwet bied die publiek die reg tot betoging, maar dit moet binne die wet en vreedsaam geskied. “Dit is nie nodig om bewapen te wees, openbare plekke af te brand of die lewe van ander mense in gevaar te stel net om jou siening oor diense of enigiets anders uit te druk nie.”

Zuma het ook die polisie versoek om selfbeheersing uit te oefen en seker te maak hulle is voorbereid vir openbare byeenkomste. “Die polisie het waterkanonne, rubberkoeëls, skilde en ander toebehore wat gebruik kan word en nie mense se lewens sal eis nie. Hulle kan baie doen sonder om mense dood te maak.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.