Zuma verwelkom Gupta-ondersoek

President Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het Vrydag die ondersoek, wat van stapel gestuur is om die Gupta-sage te ondersoek, verwelkom.

Mac Maharaj, die president se woordvoerder, sê Zuma word deur die betrokke ministers op hoogte gehou van alle verwikkelinge en watter stappe gedoen gaan word om te verhoed dat soortgelyke voorvalle weer plaasvind. “Ons sal seker maak dat elkeen wat die prosedures oortree het, daarvoor boet,” het Maharaj in ʼn verklaring gesê.

Maharaj sê Zuma het beklemtoon dat die ondersoek nie ʼn negatiewe uitwerking op Suid-Afrika en Indië se verhouding moet hê nie.

Maroela Media het Vrydag berig ‘n ondersoek oor die beweerde onwettige landing van ‘n privaatvliegtuig by die Waterkloof-lugmagbasis kan moontlik daartoe lei dat die rol van die Gupta-familie in die sage ook ondersoek word.

“’n Komitee van direkteurs-generaal moet binne sewe werksdae ‘n ondersoek afhandel en terugvoer aan die Kabinet gee hoe die straler toegelaat is om onwettig by die lugmagbasis in Pretoria te kan land,” het Jeff Radebe, minister van justisie, Vrydag gesê. “Ons het streng opdrag aan die komitee gegee. Indien iemand buite die regering impliseer word, moet die proses sy gang gaan, wie hulle ook al is.”

Lees ook:
Gupta-familie kan dalk ondersoek word
Gupta-fiasko: Nog vier hoës geskors
Gupta: “SA moet dankbaar wees”
Guptas wil glo net wit werkers hê
Gupta-vliegtuig geskuif
Nuuskommentaar: Hulle lieg so lekker want hulle vlieg so lekker
Hoë geskors oor Gupta-fiasko
Doeanebeamptes glo nie by Gupta-landing
Foto’s: DA wil Gupta-vervoerreëlings ondersoek
Gupta-troue: SANW glo onbewus van Waterkloof LMB-toestemming
Gupta-gaste mag by Waterkloof LMB land
Guptas reël “bruilof van die eeu”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Etienne ·

Eish, ek ding die dude stel n jakkalsjag aan en gaan kruip heel agter weg met die wete dat hy die idiot is wat die toestemmingg verleen hhet. regte lafhaard en verdien nie sy titel nie. gunsies vir boeties…oh what a wonderfull world we living in.
Hoe kon hy nie geweet het nie? Hy is dan so well connected?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.