Zuma sê dié ritueel sal van groot belang wees in die lig van voorvalle soos die tragedie by Marikana, die verkragting van bejaarde vroue, en politieke sluipmoorde, berig SABC Radio. “Mense wat nie gereinig word nie, koester wrokke,” het Zuma gesê. Volgens die berig sal Zuma ‘n beroep op emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu doen om die nasionale reinigingseremonie te lei.
Zuma vra nasionale reinigingseremonie
President Jacob Zuma versoek ‘n nasionale reinigingseremonie om die land se “morele waardes” te herstel.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
Nou pra' jý
4 Kommentare
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
Ag, asseblief!!! Behoede ons… Ek sal eerder vir Woef en Kie vat vir ‘n lekker bad en behandel vir flooie en bosluise. Hulle VERDIEN dit immers!!
Zuma verbaas my…..ek dink mens moet eers voor jou eie deur skoonmaak en orde in jou eie lewe kry rondom ‘morele waardes’ ten einde ‘n voorbeeld te stel vir ander….Mnr Zuma practice what you preach!!!!
Die man se kop moet ernstig ondersoek word.
Ek is van opinie dat Zuma en die blankes andersyds se persepsie van morele waardes drasties verskil van mekaar…..en dan is hy vermetel om mense wat nie “gereinig word nie” te beskuldig van wrokkigheid.
Hoekom sluit Zuma nie korrupsie, tenderbedrog, diefstal van staatsfondse, misdaad en alle moorde by die kategorie waarvan mense “gereinig” moet word, in nie ?