Zuma vra strengste straf vir Booysen se aanvallers

Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het vir die strengste moontlike straf gevra vir die mans wat Anene Booysen (17) verkrag, geskend en vir dood agter gelaat het.

“Die strengste vonnisse moet vir sulke misdade opgelê word as deel van ‘n gesamentlike veldtog om hierdie plaag in ons samelewing tot ʼn einde te bring,” het Zuma gesê. Veiligheidswagte het Saterdagoggend op Booysen afgekom op ‘n bouperseel in Bredasdorp in die Boland. Sy is verkrag en haar liggaam is erg geskend. Sy is later in die hospitaal aan haar beserings dood. Zuma het die misdaad as “skokkend, wreed en onmenslik” beskryf. “Dit het geen plek in ons land nie. Ons moet nooit toelaat dat ons gewoond raak aan hierdie misdadigheid teen ons vroue en kinders nie.” Die DA het die aanval as een van die grusaamste dade van seksuele geweld nog in die provinsie beskryf. Booysen se voormalige kêrel (22) is in hegtenis geneem in verband met die verkragting nadat sy hom as een van haar aanvallers geïdentifiseer het voor haar dood. Hy het Dinsdag in die Bredasdorp-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en verkragting. Hy sal wees op 12 Februarie in die hof verskyn. ʼn Tweede verdagte (21) is Woensdagaand in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Brenda ·

Too little too late, mnr Zuma!!! Julle moes laaaankal iets daaraan begin doen het en ophou praat,praat,praat…

louise ·

Hoekom sê hy dit nie ook oor die wreedste maniere waarop ons boere vermoor word nie!

Brenda ·

Presies. Dit is nie belangrik nie en word gerieflikheidshalwe ALTYD onder die mat ingevee!

mina ·

wat se Zuma oor die boere wat so wreed vermoor word wat werk gee aan honderde mense en kos op die tafel sit

Kobus ·

Wat ‘n klug komende van ‘n man wat self hof toe is vir verkragtingsbeskuldigings…en dit toe toegesmeer het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.