Zuma vra vreedsame Marikana-herdenking

Stakende mynwerkers by Lonmin verlede jaar. Foto: Taurai Maduna/EWN

President Jacob Zuma het Woensdag versoek dat vrede in die Suid-Afrikaanse mynbedryf herstel moet word, met die oog op Vrydag se herdenking van verlede jaar se Marikana-bloedbad.

Dit is Vrydag presies ʼn jaar nadat polisiebeamptes op ʼn groep mynwerkers, wat onwettig by Lonmin se Marikana-myn naby Rustenburg gestaak het, losgebrand het. Altesaam 34 mense is dood en 78 mense is beseer. Tien mense, waaronder twee polisebeamptes, is in die voorafgaande week weens geweld in die gebied dood.

“Die voorval verlede jaar op 16 Augustus het die hele land geskok en ongelooflike pyn en gevoelloosheid onder alle Suid-Afrikaners veroorsaak,” het Zuma in ʼn verklaring gesê.

“Dit was ʼn tragiese en hartseer verlies van lewens. Ons moet almal ʼn oplossing soek en alles in ons vermoeë doen om te verseker dat ʼn herhaling van soortgelyke gebeure nie weer plaasvind nie.”

Intussen het Riah Phiyega, die nasionale polisiehoof, gesê nie al die geweld wat tans by Marikana plaasvind, is as gevolg botsings van lede tussen Amcu en NUM nie. Lonmin en Amcu het Woensdag ‘n ooreenkoms bereik wat dié vakbond as die meerderheidvakbond by die maatskappy erken. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Meneer ·

Die oplossing is eenvoudig. Hou op staak, daar bestaan nie ‘n ding soos ‘n vreedsame staking nie. As jy ontevrede is met jou salaris, bedank en soek ‘n werk wat jou ‘n beter salaris bied. Moenie die kraan toe draai as jy dors is nie.

De Boer ·

Die goed wil net niks werk nie, hulle wil alles altyd “herdenk”, net ‘n verskoning om van die werk af te bly en te breek en te brand en te verwoes! Barbare. Die mynwerkers wat daardie geskiet is was kriminele wat die SAPS aangeval het. Hulle moes meer geskiet het en sommer baie vroeër ook!

Peter Bezuidenhout ·

Pres…Vreedsaam seg jy,jammer jou volk verstaan nie die term nie.

Melissa ·

Hoekom op dees aarde is daar ‘n herdenking vir hierdie???? Regtig waar?? Hulle wil net hê hê hê maak nie saak of hulle dit verdien of daarvoor gewerk het nie. Belaglik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.