Zuma-vrou soek duisende vir gesteelde juwele

Thobeka Madiba-Zuma

Thobeka Madiba-Zuma, president Jacob Zuma se vyfde vrou, eis nagenoeg ʼn half miljoen rand se vergoeding van ʼn lugredery nadat haar juwele glo uit haar bagasie gesteel is.

Madiba-Zuma beweer haar juwele, wat nie verseker was nie, is uit haar bagasie gesteel toe sy in Desember met SA Airlink gevlieg het, het Beeld Dinsdag berig.

Na ʼn uitgebreide ondersoek het die lugredery die eis verwerp en beweer sy werknemers is onskuldig. Die lugredery voer aan hulle kon geen bewyse vind dat daar met Madiba-Zuma se bagasie gepeuter is nie.

Die beweerde diefstal het op 15 Desember 2012, plaasgevind toe Madiba-Zuma van die Nelspruit-lughawe na die OR Thambo-lughawe gevlieg het, waarna sy met ʼn voertuig na Bloemfontein is om haar man tydens die ANC se Mangaung-konferensie by te staan.

Op 18 Desember het sy ʼn verklaring opgestel wat beweer dat 36 stukke duur juwele vermis geraak het. Sy sê sy het eers in Bloemfontein agtergekom dat haar kosmetiese tassie met al haar juwele in, vermis word.

Rodger Foster, SA Airlink se hoof, sê hulle het alle moontlike kringtelevisiebeeldmateriaal nagegaan, asook poligraaftoetse op hul personeel uitgevoer. “Daar was geen aanduiding dat ons personeel by die beweerde diefstal betrokke was nie,” het Foster in ʼn brief aan die presidensie gesê, en daarvolgens die eis verwerp.

SA Airlink wou nie oor die voorval kommentaar lewe nie. Madiba-Zuma het aan Beeld gesê sy gaan met haar prokureurs vergader voordat sy gaan besluit of sy verdere stappe gaan doen.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hanlie ·

Ek reis baie. Ek kan egter nie verstaan hoe jy wet 3 verskillende tipes bagasie op die vliegtuig klim, maar jy klim af met net 2 en kom dit eers ure later agter….klink nie vir my asof sy geweet het waarmee sy vlieg nie….

piet ·

WATTER IDIOOT LOS R500K SE JUWELE IN BAGASIE? EERSTE VRAAG WAT OPKOM WAS DAAR JUWELE? MAAR NOU JA DIT IS SA IEMAND MOET BETAAL WANT SY IS N ZUMA, WIL NIE AFSTEEK BY DIE GUPTAS NIE. SY LEER NET BY DIE BESTE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.