Zuma vs. Kasparov

Kasparov en Zuma. Foto: GCIS

Garry Kasparov, wat beskou word as een van die beste skaakspelers van alle tye, het Donderdagaand Suid-Afrika se o.16-skaakkampioen die stryd aangesê voor hy Vrydag met president Jacob Zuma ontmoet het.

Kasparov (49) het Donderdagaand in ʼn raadsaal op Tafelberg teen Marcil Roberts van Port Elizabeth te staan gekom. Albei het twee rondes binne tien minute voltooi. Kasparov het albei gewen. Kasparov het ook gelyktydig teen 25 ander skaakspelers gespeel in ʼn sogenaamde simultaan-wedstryd. Sy opponente was onder meer 20 kinders sowel as bekendes in die skaakgemeenskap. ʼn 11-jarige seun, Daniel Barrish, was die enigste persoon wat daarin kon slaag om gelykop met Kasparov te eindig. Kasparov is tans in Suid-Afrika om sy Kasparov Chess Foundation Africa bekend te stel. Dit is in samewerking met Moves for Life (MFL), ʼn plaaslike inisiatief wat skaak gebruik om plattelandse skoolkinders wetenskap en wiskunde te leer. Die hoofborg van die geleenthede is Old Mutual iWYZE valuables insurance.

Intussen het Kasparov Vrydag met president Zuma, beskermheer van MFL, ontmoet. Zuma sê jongmense moet aangemoedig word om skaak te speel aangesien dit hulle kan help met hulle skoolwerk. Zuma het Kasparov hierna tot ʼn potjie skaak uitgedaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.