President Jacob Zuma is Woensdagaand weer uitgejou toe hy by die FNB-stadion in Johannesburg opgedaag het ná Bafana Bafana daar ʼn nederlaag gelei het.
Bafana Bafana het Brasilië die stryd aangesê in ʼn vriendskaplike sokkerwedstryd. Brasilië het Bafana Bafana 5-0 geklop.
Zuma is uitgejou toe sy naam afgekondig is en hy die veld betree het vir ʼn seremonie ná die wedstryd. Zuma moes die Fifa-wêreldbekersokkertrofee aan Brasilië oorhandig wat later vanjaar die 2014 Fifa-wêreldbekersokkertoernooi in die land aanbied.
Zuma het die geleentheid saam met die minister van sport Fikile Mbalula, die president van die Suid-Afrikaanse sokkervereniging Danny Jordaan, asook verskeie Brasiliaanse afgevaardigdes wat ‘n gedenkplaat van die gebeurtenis ontvang het, bygewoon.
Zuma is verlede jaar in Desember tydens die gedenkdiens van die voormalige president Nelson Mandela, by dieselfde stadion uitgejou. -SAPA
Vat jou goed en trek Ferreira.
is OU Bennie boek wurm te dig om te sien hy moet pad vat soek hom nie meer nie
Hy word nou uitgejou maar ironies, kom die verkiesing dan gaan hulle tog maar weer vir dieselfde party stem…Mark my words…
Zuma moet bly! Hy is die opposisie se beste wapen. Hy gaan ‘n groot persentasie wegblystemme onder die tradisionele ANC ondersteuners veroorsaak. Ook ‘n swaai van ANC na EFF, Agang en Cope.