Zuma wil glo hê Ngcobo moet ondersoek na wapenskandaal lei

Voormalige hoofregter, Sandile Ngcobo. Foto: GCIS

President Jacob Zuma wil volgens mediaberigte hê dat voormalige hoofregter, Sandile Ngcobo, moet die kommissie van ondersoek lei na die omstrede wapenskandaal.

Volgens die Sunday Times is Ngcobo reeds Woensdag deur Zuma genader om die kommissie te lei. Zuma sal na verwagting die week die terme van verwysing en tydsraamwerk vir die kommissie bekendmaak wanneer hy terugkeer van die Verenigde Nasies se algemene vergadering. Zuma se aankondiging die week dat hy ʼn kommissie van ondersoek gaan instel het talle partye onkant gevang en het daar vrae ontstaan oor sy motief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

gas ·

Hoe speel mens regter in jou eie saak? Dan sal hy homself, betrokke amptenare in ons land mos bevoordeel?

Hoe kan die President ‘n kommissie aanwys, as sy naam self genoem word (impliseer)?

Al die betrokke lande (waarvandaan die geld afkomstig is/was), moet op hierdie kommissie van ondersoek dien.  Dit behoort ‘n Internasionale Onafhanklike Kommissie te wees.Mense wat dink hy is dalk moontik nie betrokke nie, dink weer … en gaan lees ondergenoemde en baie ander artikels/bewyse.http://www.armsdeal-vpo.co.za/special_items/schabir_shaik_trial/shabir_shaik.html

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.