Zuma wil nie debat met Zille hou

Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het die DA-leier, Helen Zille, se versoek om om aan ʼn openbare debat oor die stand van die ekonomie deel te neem, van die hand gewys.

Die presidensie het op medianavrae reageer aangesien Zuma glo teen Maandagmiddag nog nie formeel Zille se versoek ontvang het nie. “Ons wil graag daarop wys dat Zuma tans saam met sleutelrolspelers werk aan die stand van die ekonomie,” het Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, gesê. Volgens Maharaj word daar onder meer vergaderings tussen vakbonde en sakeondernemings gehou om ʼn oplossing te vind vir die land se ekonomiese probleme. Zille het vroeër gesê dat sy aan Zuma sal skryf en hom sal versoek om ʼn debat te hou. “Alle Suid-Afrikaners is tans bekommerd oor die toestand van die land, en spesifiek ons ekonomie,” het Zille gesê. Sy sê Zuma het homself nie as ʼn waardige leier van die land bewys in lig van die toenemende arbeidsonrus nie. “Wat is sy standpunt oor die onwettige stakings wat die dood van onskuldige mense tot gevolg gehad het en wat ons mynbedryf bedreig? Het hy ooit ʼn plan?” het Zille gevra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.