Zuma wil SAPO ondersoek

President Jacob Zuma address a special media briefingPresident Jacob Zuma het die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) opdrag gegee om beweerde onreëlmatighede in die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) te ondersoek.

“Zuma het versoek dat beweringe van ernstige wanadministrasie in verband met die sake van die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO), onbehoorlike of onregmatige optrede deur beamptes van die SAPO en onregmatige bewilliging of besteding van openbare geld deur die SOE ondersoek moet word,” het Mac Maharaj, die president se woordvoerder, gesê.

Ander bewerings wat ondersoek moet word sluit wanpraktyke of wanadministrasie in verband met die bestuur van vaste eiendom, opsetlike of nalatige verlies van staatsgeld, skade aan publieke eiendom, die implementering van die WebRipost-stelsel, en lenings wat aan die Courier and Freight Group toegestaan is, in.

“Die SOE sal verdere bewerings van onreëlmatighede met betrekking tot die werwing, keuring en aanstelling van beamptes of werknemers van die SAPO ondersoek asook betalings wat gemaak is deur die SAPO aan fiktiewe amptenare of werknemers, ” het Maharaj gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

zumie hulle leer by jou want jy stel die voorbeeld …. Stortkop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.