Zuma-woordvoerder dagvaar polisie

Zizi Kodwa

Die presidensiële woordvoerder, Zizi Kodwa, dagvaar die minister van polisie en die waarnemende nasionale polisiehoof vir R5 miljoen vir verkeerdelike inhegtenisneming en onwettige aanhouding.

Kodwa is op 11 November vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem is Rosebank, noord van Johannesburg. ʼn Polisiewoordvoerder, brig. Neville Malila, het bevestig dat hulle Kodwa se bloedmonsters teruggekry het en dat hy nie onder die invloed van alkohol was nie. Kodwa se regsverteenwoordiger, Gugulethu Madlanga, sê die dagvaardigings sal binne 30 dae op die minister van polisie, Nathi Mthethwa, en die waarnemende polisiehoof, lt. gen. Nhlanhla Mkhwanazi, beteken word. Kodwa het Dinsdag op Twitter geskryf: “Die uitslae van die bloedmonsters is terug, alkohol in my bloed: NUL, ek het hulle gesê banyile ngekhe ndibayeke (Hulle is in die moeilikheid, ek sal dit nie los nie).” Kodwa sê hy glo hy is in hegtenis geneem omdat hy nie omkoopgeld wou betaal nie. Kodwa moet op 11 Mei in die Hillbrow landdroshof verskyn op aanklagte van dronkbestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.