Zuma woordvoerder wou glo ANC-geheime blootlê

President Jacob Zuma se woordvoerder, Mac Maharaj, en laasgenoemde se vrou was glo bereid om ANC-geheime te ontbloot om vervolging vry te spring.

Die Ciry Press berig dié onthullings is deel van ʼn aansoek wat die paartjie by die Noord-Gautengse hooggeregshof ingedien het in ʼn poging om ʼn ondersoek na hulle belange te keer. Die Skerpioene wou glo in 2005 bewerings van bedrog en korrupsie rondom die toekenning van kontrakte vir rybewyskaarte en die N3-tolpad teen hulle ondersoek. ʼn Brief wat deur Maharaj se regsverteenwoordiger ingedien is lees: “Die moeilikheid om die inligting nou bekend te maak, is dat die besonderhede van die getuienis hoogs sensitiewe en komplekse historiese aktiwiteite binne die ANC met betrekking tot die stryd teen apartheid aanraak en dat die onthullings ernstige skade kan aanrig.” Maharaj en sy vrou, Zarina, het bevestig dat hulle strafregtelike klagte teen City Press en Media24 aanhangig gemaak het oor die publikasie van hul beweerde leuens aan ondersoekbeamptes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.