Zuma wys beamptes tereg oor uitlatings oor Zimbabwe-verkiesing

President Robert Mugabe (middel) en sy vrou, Grace op 16 Julie 2013 Foto: voanews.com

President Jacob Zuma, die hoof streeksbemiddelaar vir Zimbabwe, het Maandag gesê hy het sy kollegas tereggewys nadat hulle “jammerlike uitlatings” gemaak het oor Zimbabwe se gebrek aan gereedheid om die verkiesing op 31 Julie te hou.

Zuma het in ʼn verklaring, wat in Zimbabwe uitgereik is, gesê Zuma is alleen gemagtig om namens die streeksbemiddelaars te praat.

President Robert Mugabe, van Zimbabwe, het Lindiwe Zulu, Zuma se adviseur oor internasionale betrekkinge, gekritiseer nadat sy die land se vermoë om ʼn geloofwaardige verkiesing te hou, bevraagteken het.

Ná ʼn chaotiese vroeë stemproses vir polisielede en die militêre beamptes wat op stemdag aan diens sal wees, het Mugabe haar as “ʼn dom, idiotiese straatvrou” beskryf, in die plaaslike volksmond is dit ʼn prostituut.

Die verklaring sê Zuma het “met groot kommer” van die uitlatings, wat sy beamptes gemaak het, kennis geneem. Die verklaring maak egter geen verwysing na Mugabe se uitlating teen Zulu nie.

Zuma het gesê hy het gerugte, dat hy met Mugabe in verbinding getree het oor sy ontevredenheid met die voorbereiding vir die verkiesing in Zimbabwe “reggestel”. “Daar het nooit so ʼn telefoonoproep plaasgevind nie,” lui die verklaring.

Meer as die helfte van die 70 000 polisielede, soldate en regeringsbeamptes wat ʼn vroeë stem kon uitbring, kon nie stem nie. Die persone is glo weggewys nadat stembriewe en stemmateriaal nie betyds gedruk en by 210 spesiale stembusse afgelewer is nie.

Sowat 9 600 stembusse moet landswyd vir die land se verkiesing opgerig word. Bykans 6.2 miljoen mense, uit ʼn totale bevolking van 13 miljoen, is geregistreerde kiesers.

Die verklaring het gesê streeksleiers wens Zuma geluk met sy “onvermoeide poging om seker te maak dat Zimbabwe se politieke aandeelhouers ʼn suksesvolle verkiesing op 31 Julie kan hou”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Is Mugabe en Zuma bang om die waarheid in die gesig te staar? Zimbabwe is nie gereed vir die verkiesing oor ‘n week nie, hulle was nog nooit gereed vir enige verkiesing nie en nog nooit is daar enige vrye en regverdige verkiesing in Zimbabwe gehou nie, maar niemand het nog ooit iets daaraan gedoen nie. Mugabe kan sy mond uitspoel oor enige land en enige president soos hy wil en niemand staan teen hom op nie, nou kom iemand en sy praat die waarheid en woeps, daar staan ons president op aandag op sy voete, salueer Mugabe en wys sy eie woordvoerder tereg oor die waarheid!!! Magtag Zuma hou op kruip. Hou tog net op om van Suid-Afrika altyd die jammer-jannetjie landjie te maak. Ons hoef nie vir elke woord wat geuiter word omverskoning te vra nie!!!

Riaan ·

Zuma is op dieselfde golflengte as Moegapie, hulle stem geheel an al saam oor dat ‘n vrou haar plek moet ken, die een is net meer openlik daaroor.

Hentie Engelbrecht ·

Sarie jou inleiding laat my dink aan 2 ape, daai wat so lekker leef in Indie/Pakistan, wat op n stuk stomp sit en dan, terwyl hulle mekaar so aai, hulle kenne uitstoot met so n koes bewweging en grom geluide mekaar wil bangmaak!!!! LMGA

johan storbeck ·

teregwys???? zuma kan nie die anc amptenare wat steel en korrup is teregwys nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.