Zumaville: Projek in chaos gedompel

Die R2-biljoen projek wat 'n dorp naby President Zuma se tuisdorp wil bou is in chaos na verwarring rondom vennootskappe. Die hooffasiliteerder van die projek het ook glo bankrotskap verklaar. Foto: timeslive.co.za

ʼn R2-miljard projek, wat beoog om ʼn dorp naby President Jacob Zuma se tuisdorp Nkandla te bou, het sy eerste teenspoed opgetel.

Volgens Timeslive het die tenderaansoeke vir die dorp, wat Zumaville genoem word, vandag gesluit maar daar was verskeie probleme met die proses.

Die hooffasiliteerder van die projek, die Masibambisane plaaslike ontwikkelingsinisiatief, het boonop bankrotskap verklaar. Daar was ook verwarring tussen verskillende regeringsdepartemente wat by die projek betrokke is, terwyl verskeie groot besigheidsvennote klaarblyklik nie weet dat hulle by die projek betrokke is nie.

“Ons het nie geld nie. Dit is die amper die einde van die maand en ons moet lone uitbetaal. Ek gebruik soms geld uit my persoonlike rekening en gee dit aan vrywilligers om hulle aan die gang te hou,” het Deebo Mzobe, Masibambisane se ondervoorsitter, gesê.

Dié projek gaan ook moontlik deur ʼn parlementêre komitee en die openbare beskermer ondersoek word ná klagtes ontvang is wat beweer dat die Nkandla-omgewing voorkeur van die regering geniet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.