Volle naam: Anthony Edward Rupert
Beroep/Veld: Entrepreneur, sakeman, natuurbewaarder
Plek van Geboorte: Graaff-Reinet
Aantal jare ervaring: 60
Prestasies: Moontlik die mees suksesvolle Afrikaner-entrepreneur ooit; Oprigter van Voorbrand, die tabakvervaardiger waaruit later organisasies soos Rembrandt, Richemont en Remgro sou ontstaan; Instrumenteel in die vestiging van oorgrensparke; Weldoener en kunsversamelaar
Google Hits: 8 210 000
Biografie:
Miljardêr entrepreneur en sakeman. Met ʼn aanvanklike insetkoste van £10 het hy saam met twee studente sigarette in sy motorhuis begin vervaardig, wat uiteindelik tot die nywerheidskonglomeraat, die Rembrandt-groep, gelei het. Rembrandt het uiteindelik in Remgro (ʼn beleggingsmaatskappy met finansiële, mynbou- en nywerheidsbelange) en Richemont (ʼn Switserse luuksegoedere-groep) verdeel. Rupert het omvangryke bydraes tot natuurbewaring en as weldoener gelewer.
Skakels:
- Wikipedia
Anton Rupert moet ook in top tien wees!!
Skandelik! Dis’opmerkings’ , nie ‘aanmerkings’ nie!
Hoe kan ons julle ernstig opneem met sulke Afrikaans?!
Beste André, ons vra om verskoning vir die blaps. Die ontwikkeling van die webwerf vir die veldtog is uitgekontrakteer na ‘n bemarkingsagentskap, wat wel Afrikaans is, maar ook enkele Engelse programmeerders en ontwerpers in diens het. Een van dié mense het per ongeluk die fout gemaak.
Het jy geweet Anton Rupert het eers ‘n droogskoonmakerbesigheid gehad? Lees sy kort biografie: http://maroelamedia.co.za/blog/die-groot-debat/wie-was-anton-rupert/