Bekendes se gunstelingliedjies

Henrietta Gryffenberg Foto: Facebook

Dit gons op sosialemedia-kanale oor Maroela Media se soektog na die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye en bekendes het nou ook hul stuiwer in die armbeurs gegooi.

Die veldtog, wat op 27 Julie begin het, se nominasiefase is tans aan die gang en die nominasies stroom van oraloor in. “Dit is vir ons baie belangrik dat soveel as moontlik mense aan die veldtog moet deelneem,” het Susan Lombaard, bestuurder van Maroela Media, gesê. “Ons kan nie uiteindelik ʼn liedjie as die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye aanwys as die Afrikaanse publiek dit nie aangewys het nie.”

Radiostasies en selfs kykNET se span het hul gunstelinge aan Maroela Media gestuur. Dié gunstelingliedjies volg onderaan die berig. Lisa se klavier het uit dié groep soveel nominasies ontvang dat ons ‘n klankgreep van die liedjie, soos vertolk deur Laurika Rauch, ook onderaan die berig gelaai het.

Jy kan jou nominasies indien deur ‘n SMS met die woord “Virseker” en jou liedjie se titel na 48052 te stuur (SMS kos R1.50), of besoek die webwerf www.grootsteliedjie.co.za om jou nominasies in te dien. Jy kan soveel nominasies indien soos wat jy wil.

Onthou daar is boonop groot pryse op die spel! Daar is ʼn bootreis vir twee, iPods, CDs en Afrikaanse produkte te wen. Klik hier om te sien watter pryse jy kan wen.

Die veldtog word moontlik gemaak deur Virseker en kykNET as borge.

Groot FM se gunstelinge:
1. Liefling (Gé Korsten)
2. Pampoen (Steve Hofmeyr)
3. Karoonag (Coenie de Villiers)
4. Kinders van die wind (Koos du Plessis)
5. Lisa se Klavier (Koos Kombuis)

Die span van Groot FM sê die volgende twee was baie naby:
6. Halala Afrika (Johannes Kerkorrel)
7. Stuur groete aan Mannetjies Roux (Laurika Rauch)

Die span van kykNET het hulle gunstelinge ingestuur:
Jeanne DeWet:

1. Deurmekaar (Karen Zoid)
2. Engel (Karen Zoid)
3. As Musiek begin speel (Karen Zoid)

Karen Meiring:
1. Gee jou hart vir Hillbrow (Johannes Kerkorrel)
2. Glinster die Maan (Laurika Rauch)
3. Net ‘n bietjie liefde (Alida White)
4. Droomvrou (Lucas Maree)
5. Ek het ‘n huisie by die see (Laurinda Hofmeyr)

Henrietta Gryffenberg:
1. Die reisiger (Coenie De Villiers)
2. Gee jou hart vir Hillbrow (Johannes Kerkorrel)
3. Ek herhaal jou (Chris Chameleon)
4. Die reis (Laurinda Hofmeyr)
5. Kiekies (Lucas Maree)
6. Toemaar die donkerman (Laurika Rauch)

Marguerite Albrecht:
1. Sprokie vir ‘n stadskind (Koos du Plessis)
2. Deurmekaar (Karen Zoid)
3. Straattroebadoere (Laurika Rauch)
4. Hoe ek voel (Johannes Kerkorrel)
5. Skipskop (Anton Goosen)
5. Lisa se klavier (Koos Kombuis)
6. Vergeet om my te vergeet (Laurika Rauch)
7. Die nostalgie (Laurika Rauch)

Nicola Van Niekerk:
1. Tussen treine (Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock)
2. Voshaarnooi
3. Nostalgie (Laurika Rauch)
4. Hos Tokolosh (Jack Parrow)
5. Ek herhaal jou (Chris Chameleon)

Janine Opperman:
1. Liefling (Gé Korsten)
2. Lisa se klavier (Koos Kombuis)
3. Kinders van die wind (Laurika Rauch)
4. Hillbrow (Johannes Kerkorrel)
5. Droomvrou (Lucas Maree)
6. Voshaarnooi
7. Sproeitjies

http://youtu.be/K5lhtF1F_Ak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Bruno Andries ·

Skipskop van Anton Goosen ???? Dis ‘n David Kramer song!

Bruno Andries ·

Kyk hoe Glinster die Maan is nie oorspronklik: nuwe woorde geskryf op musiek van Udo Jürgens …

Bruno Andries ·

Sproetjies ook nie oorspronklik: dis ‘n vertaling van Freckles van Oak Ridge Boys …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.