Bepalings en Voorwaardes

Indien ‘n individu op enige wyse deelneem aan Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye, wat die Grootste Liedjie-veldtog self en die Ken en Wen-kompetisie insluit, aanvaar hy/sy die bepalings en voorwaardes en onderneem om daarby te hou. Die bepalings en voorwaardes van die kompetisie is geldig en bindend vir enigiemand wat deelneem:

  1. Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye-veldtog strek vanaf 27 Julie 2013 – 26 Oktober 2013.
  2. Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye-veldtog word deur Maroela Media op Facebook, Twitter en die veldtog se webwerf, www.grootsteliedjie.co.za, gedryf.
  3. Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye-veldtog word nie geborg, onderskryf of administreer deur Facebook nie, en kan ook nie met Facebook assosieer word nie. Alle persoonlike inligting sal slegs deur Maroela Media, Virseker en KykNET gebruik word.
  4. Werknemers, direkteure, verteenwoordigers en agente van Maroela Media en sy vennote en borge (Virseker, Telesure, kykNET, Jukebox, FAK, Radio Pretoria, E-nuus, die ATKV en Groot FM ), hulle direkte familielede, besigheidsvennote, en enige persoon wat direk betrokke is by die produksie, bestuur, bemarking en koördinering van Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye-veldtog  mag wel deelneem aan Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye se nominasie- en stemproses en die Ken en Wen-kompetisie, maar sal nie in aanmerking kom vir enige pryse nie.
  5. Geen pryse kan vir kontant of enige ander produk verruil word nie.
  6. Pryse is nie oordraagbaar nie.
  7. Die beslissing van die beoordelaars in die bepaling van die wenliedjie, asook van alle pryswenners, is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  8. Die wenners van deelnamepryse in die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye-veldtog sal gekies word deur middel van ʼn objektiewe rekenaarseleksie. Wenners sal aan die einde van elke fase gekies word uit persone wat tydens dié fase deelgeneem het.
  9. Die wenners van pryse in die Ken en Wen-kompetisie sal gekies word uit alle korrekte inskrywings wat ingestuur is vandat die betrokke fase afskop, tot die einde van die daaropvolgende tussenfase.
  10. Persone moet alle velde op die inskrywingsvorms op die veldtog se webwerf: www.grootsteliedjie.co.za volledig invul om vir enige van die pryse in aanmerking te kom. Enige persoon wat vir Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye inskryf, se inligting word op Maroela Media se databasis gestoor vir kommunikasiedoeleindes. Die inligting sal slegs deur Maroela Media en die hoofborge van die veldtog (kykNET en Virseker) gebruik word en sal nie verkoop of beskikbaar gestel word aan ander partye nie. Deelnemers sal die keuse gegee word om toekomstige kommunikasie van die genoemde partye te ontvang. Deur in te skryf, waarborg ‘n inskrywer dat al sy/haar persoonlike inligting wat verskaf word, waar en korrek is.
  11. Tydens die nominasiefase sal inskrywings per sms en via die veldtog se webwerf by www.grootsteliedjie.co.za aanvaar word. Tydens al die stemfases van die veldtog sal slegs inskrywings wat via die veldtog se webwerf ingedien is, aanvaar word.
  12. SMS’e kos R1.50.
  13. Maroela Media en vennote is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat ’n inskrywing nie suksesvol ingedien word nie. Maroela Media aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer is, verlore raak of vertraag word nie. Bewys van stuur is nie bewys van ontvangs nie. ‘n Inskrywer moet self ontvangs van sy/haar inskrywing bevestig.
  14. Enige nominasies, stemme en kompetisie-inskrywings wat weens tegniese foute ingedien word na die sluitingsdatum van die betrokke fase soos aangedui, sal nie in aanmerking geneem word nie.
  15. Die wenners van die aansporingspryse sal per e-pos of telefonies deur Maroela Media in kennis gestel word.
  16. Indien Maroela Media nie daarin slaag om ʼn pryswenner binne vyf werksdae per e-pos of telefonies te kontak nadat die persoon as pryswenner aangewys is nie, sal ʼn ander wenner aangewys word.
  17. Deur in te skryf, gee deelnemers aan Maroela Media toestemming dat hul naam en dorp genoem mag word op die veldtog se webwerf, Maroela Media se webwerf, Jukebox, sosiale media en enige ander kommunikasie- en bemarkingsplatform van alle betrokke borge en vennote indien die deelnemer ʼn prys wen. Pryse (buiten vakansies en die bootreis) sal per pos of koerier na pryswenners gestuur word.  Maroela Media neem egter geen verantwoordelikheid vir enige pakkies wat beskadig word of wegraak in die pos nie.
  18. Die liedjie wat as Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye aangewys word, sal op 26 Oktober 2013 om 21:00 regstreeks op kykNET Jukebox aangekondig word.
  19. Maroela Media behou die reg voor om te enige tyd die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye-veldtog te kanselleer of die reëls te wysig, om welke rede ook al.
  20. Navrae en klagtes oor die veldtog word slegs deur die personeel van Maroela Media en die Grootste Liedjie van Alle Tye-veldtog hanteer. Die vennote en borge mag nie met navrae en klagtes gekontak word nie.
  21. Elke korrek voltooide stel vrae en antwoorde in die Ken en Wen-kompetisie gee aan die deelnemer een inskrywing.
  22. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings per individu in die Ken en Wen-kompetisie nie.
  23. Alle velde in die inskrywingsvorm by die Ken en Wen-kompetisie moet voltooi word om vir ʼn prys in aanmerking te kom.
  24. Die midweke wat tydens die Ken & Wen-kompetisie as pryse weggegee word, sluit naweke, langnaweke en skoolvakansies uit.
  25. Midweke wat as pryse weggegee word, is geldig vir 3 maande vanaf die datum waarop die pryswenners in kennis gestel is dat hy/sy gewen het.
  26. Die koste van vervoer van en na die oorde word nie gedek nie.
  27. Verdere bepalings en voorwaardes van die ATKV se oorde geld en kan gelees word by www.atkvoorde.co.za.
  28. Sien die volledige lys van alle pryse wat tydens die veldtog gewen kan word.
  29. Sien die volledige uiteensitting van alle fases en sluitingsdatums in hierdie veldtog.

Bepalings en voorwaardes van toepassing op die bootreis

  1. Die bootreis vind plaas van 7 tot 10 Februarie 2014 as deel van die kykNET Jukebox bootreis op die MSC Opera na die Portugese Eiland.
  2. Die prys kan nie vir ʼn ander bootreis met ʼn ander datum omgeruil word nie.
  3. Die prys sluit die volgende in: ʼn Bootreis vir twee, met akkommodasie in ʼn kajuit met see-uitsig en balkon, hawebelasting, versekering, diensfooie en alle Jukebox-vermaak, asook R4 000 sakgeld.
  4. Die prys sluit die volgende uit: Vervoer van en na Durban en die Durban-hawe, persoonlike items, drankies, wasgoed, telefoonoproepe, diensfooitjies en ander uitgawes op die bootreis wat nie hierbo gespesifiseer is nie.
  5. Geen persoon onder die ouderdom van 18 sal in aanmerking kom vir die bootreis nie.
  6. Die wenner van die bootreis en sy metgesel moet ʼn geldige paspoort hê oor of oor ʼn tydelike een beskik.
  7. Die prys kan nie omgeruil word vir kontant nie.
  8. Die prys is nie oordraagbaar nie.
  9. Persone 71 jaar en ouer moet ʼn mediese sertifikaat hê bevestig dat hulle mag reis.
  10. Persone wat 23 weke of meer swanger is, kan nie in aanmerking kom vir die bootreis nie.
  11. In die geval van bepaling 9 en 10 hierbo is die prys wel oordraagbaar indien die pryswenner binne 24 uur nadat hy/sy in kennis gestel is dat hy/sy die prys gewen het, die volledige inligting van die persoon na wie die prys oorgedra word, aan Maroela Media en die reisagent verskaf.
  12. Volledige bepalings, voorwaardes en ander reëlings rondom die bootreis kan gelees word op die Jukebox-bootvaartbladsy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

amy ·

Lekker lekker. Ek het sommer al 6 liedjies genomineer. Ek het heelwat gunstelinge. En dis die mooi musiek. Nie die doef-doef van vandag nie. Van die liedjies wat ek genomineer het, se sangers is al oorlede. Ek het DIEP terug gaan delf!!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.