Beyers Naudé

Volle naam: Christiaan Frederick Beyers Naudé

Beroep/Veld: Anti-apartheid aktivis en Christen-teoloog

Plek van Geboorte: Roodepoort, Johannesburg

Aantal jare ervaring: 64 (in die Broederbond)

Prestasies: Reinhold Niebuhr-toekenning; Bruno Kreisky-stigting toekenning; Prys vir versoening en ontwikkeling deur die Sweedse Vrye Kerk; ATKV toekenning vir ‘nasiebou’; Was in 1993 genomineer vir die Nobelprys vir Vrede.

Google Hits: 78 400

Biografie:
Beyers Naudé (‘oom Bey’) was ‘n dominee en prominente anti-apartheidrolspeler. Kampvegter vir menseregte. As gevolg van kritiek en druk weens sy anti-apartheidsuitsprake en standpunte bedank hy uit die NG-kerk. Betrokke by ondergrondse weerstand teen apartheid. Die Biblioteektuin in Johannesburg en die Sentrum vir openbare sake teologie aan die Universiteit van Stellenbosch is na hom vernoem.

Skakels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Arno Cilliers ·

Beyers Naudé is defnetief een van my gunstelling afrikaners. Baie goeie voorbeeld van ‘n goeie leier. En hy het geveg vir Apartheid.

Go Noodle ·

Ek stem saam met Arno… Hy is die grootste afrikaner volgens my ook

Eugene ·

Ek weet wragtig nie hoe iemand die “grootste afrikaner” kan wees as hy sy volk verraai en vir die vyand veg nie. “n Dominee wat saam met die teenpool van die Christendom – die kommunisme veg!

Henning Viljoen ·

Eugene, hierdie soort siening is die grootste vyand van SA !

Riaan ·

Nee Henning, jou siening is die rede waarom ons land in die gemors is waarin ons is!

Paul ·

Arno, ek neem aan jy bedoel hy het geveg teen Apartheid, nie vir Apartheid nie, of hoe?

louis ·

Hy was dus VIR kommunisme en VIR die verval wat ons vandag ervaar. Dus het hy ook terrorisme (die ANC is inderdaad ‘n terroriste organisasie) bevorder. Mag die slagoffers van plaas aanvalle sy afstammelinge tot in die duisendste geslag besoek

John ·

‘n Wonderlike mens. As die NG kerk net meer mense soos hy gehad het!

Amanda van der Walt ·

Ek stem vir ‘n held. ‘n Man wat verstaan het dat die Here nie net witmense uitverkies het nie, maar mense van alle rasse oor die hele wereld. Dis bitter hartseer dat daar baie mense is wat hom ‘n “verraaier” noem. Dalk moet jy ophou om jouself ‘n “Christen” te noem as jy nog nie jou naaste kan liefhe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.