Boek: Die engel rook skelm

die engel rook skelm

Kristel Loots

Watse soort mens skop sommerso op? Skande! En dít met ’n ma soos Dezi Diedericks s’n, wat verslaaf is aan studeer terwyl Dezi nie eens BA Manvang kan slaag nie. Maar dit was juis die probleem: haar briljante ma saam in haar dramaklas − Dezi kon nie meer nie. Sy wou wég van al die slimmes en aansittery.

Dezi gaan werk by Happenings, waar sy allerlei geleenthede moet reël. En wie is een van haar eerste stel kliënte? Niks minder nie as Mensa, die genieë-organisasie. Net toe Dezi gedink het sy’s nou eenmaal weg van al die slimkoppe! Dis ’n wonder sy gee haar net oor aan sigarette en niks ergers nie, veral toe sy ’n flop maak van haar instanery vir die uit-die-koek-spring-meisie by ’n bachelor’s…

Algaande leer Dezi ’n Mensa-lid kan net so lekker soen soos ’n dom spierpaleis. Maar die dowwe blondine en die Mensa-man – nee wat, sal nooit werk nie! Al is slim Adam ook hóé aanloklik…

Oor die outeur:
Kristel Loots het heerlike sorgvrye stofstraat-kinderdae gehad as een van die klipgooiers van Despatch. Dis hier waar haar verwondering met die mensdom begin het en sy het toe stories daaroor begin skryf. Sy skryf vir jare al tydskrifverhale en het verskeie romanses en romans, insluitend 2010 se gewilde chick-lit ’n Lipstiek-lewe, op haar kerfstok. Sy woon in die Kaap.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R170-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.