Chris Barnard

Volle naam: Christiaan Neethling Barnard

Beroep/Veld:  Mediese dokter en spesialis in kardio-chirurgie

Plek van Geboorte: Beaufort-Wes

Aantal jare ervaring: 48

Prestasies: Eerste hartoorplanting uitgevoer, wêreldwyd bekend en gedurig die onderwerp van vurige bespreking, vanaf konflik met die Suid-Afrikaanse regering oor apartheidsaangeleenthede, tot genade-dood.

Google Hits: 23 900

Biografie:
Op 3 Desember 1967 voer hy die wêreld se eerste mens tot mens hartoorplanting in die Grootte Schuur-hospitaal in Kaapstad uit. Daarna was hy ook die eerste dokter wat ‘n hart-long oorplanting gedoen het. Hy het nooit ophou werk nie, maar aangehou om boeke en novelle te skryf en in sy latere jare aanhoudend gesoek vir ‘n deurbraak om die proses van veroudering te stuit. Hy sterf op 2 September 2001 in Paphos, Cyprus aan ‘n akute asma aanval.

Skakels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

M Myburgh ·

Chris Barnard moet in die top 10 wees, hy verdien dit uit en uit.

Ben van der Schyff ·

Wie is groter as Chris Barnard? Hy het die Afrikaner op die wereldkaart geplaas as ‘n intellektuele volk. Gee hom die eer!!

Johnny Botha ·

Geoordeel aan die pionierswerk wat Chris Barnard op mediese gebied verrig het tel hy beslis onder die top Afrikaners van alle tye. Die mediese deurbraak gedurende die 60’s, met die oorplanting van ‘n hart, het die weg gebaan vir verdere mediese deurbrake.

Lidia Theron ·

Ek het vir hom net die grootste respek as hart chirurg. Hy het definitief baanbrekerswerk gedoen.

Trisa Hugo ·

Chris Barnard kry definitiief my stem! Nie net vir sy baanbrekerswerk wat gehelp het om ons land bekend te stel aan die wye wêreld nie, maar ook omdat ek absoluut gaande was oor sy boeke. Wie onthou Die donker uur?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.