Christiaan de Wet

Volle naam: Christiaan Rudolf de Wet

Beroep/Veld: Boeregeneraal en politikus

Plek van Geboorte: Plaas Leeuwkop, distrik Smithfield in die Boererepubliek van die Oranje-Vrystaat

Aantal jare ervaring:17 (1897 – 1914)

Prestasies: Lid van die Volksraad; Boeregeneraal gedurende die Anglo-Boereoorlog, bekend vir guerrilla-oorlogvoering; Lid van die vredesonderhandelinge en waarnemende Staatspresident van die Oranje-Vrystaat vir ʼn kort periode in die afwesigheid van President Steyn; Een van die leiers van die 1914-rebellie.

Google Hits: 143 000

Biografie:
Boeregeneraal, rebelleleier en politikus. As veteraan van die Eerste Vryheidsoorlog, het De Wet in die tydperk tot en met die aanvang van die Tweede Vryheidsoorlog as lid van die Volksraad gedien. Hy verwerf bekendheid as gedugte generaal tydens die Anglo-Boereoorlog (1899 – 1902), wat met sy metodes van guerrilla-oorlogvoering die Engelse magte dikwels troef. Hy neem deel aan die vredesonderhandelinge aan die einde van die oorlog en was een van die ondertekenaars van die Vrede van Vereeniging.

Skakels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jan Muller ·

Gen de Wet is een van ons beste ,strateeg slim en een van ons bestes.GROOT AFRIKANER, HELD VAN ONS VOLK.

riaan Botes ·

Die vader van Rewolusionere oorlogvoering…….Volksheld…..takties sy tyd ver vooruit…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.