Covid-19: The Ranch-kwarantyn wys afsondering is ‘beste teenvoeter’

Pres. Cyril Ramaphosa het die groep studente uit Wuhan, wat vandag na hul gesinne kan terugkeer, Sondag by The Ranch in Polokwane ontmoet. (Foto: Elmond Jiyane)

Pres. Cyril Ramaphosa sê die algehele afsondering van die groep Suid-Afrikaanse studente wat uit Wuhan in China gerepatrieer en sedertdien in kwarantyn by The Ranch in Polokwane gehou is,  bewys die doeltreffendheid en noodsaak van dié ingrypende stap.

Ramaphosa het die groep van 114 mense Sondag ontmoet nadat hul kwarantyn-tydperk verstryk het.

Die groep was aanvanklik 51 dae lank in Wuhan, die oorspronklike episentrum van die virus, in kwarantyn. Hulle was daarna vir nóg 14 dae in kwarantyn by The Ranch nadat hulle na Suid-Afrika teruggekeer het. Soos die res van Suid-Afrika – wat sedert Vrydag in ʼn staat van algehele afsondering is – het hulle nou nóg 17 dae van afsondering oor. Teen daardie tyd sal die groep reeds 82 dae in isolasie wees.

“Dit was wonderlik om tyd saam met dié groep uiteenlopende Suid-Afrikaners van alle ouderdomme, taal en agtergrond deur te bring. Ek is beïndruk deur hulle veerkragtigheid, dapperheid en deursettingsvermoë om gesond te bly,” het Ramaphosa Maandag in sy weeklikse nuusbrief gesê.

“Hulle kom uit die episentrum van die koronavirus in Wuhan en het die verwoestende uitwerking daarvan op mense beleef. Dit is dus heeltemal te verstane dat hulle sê hulle wil die gesondheid van diegene om hulle ook verseker.”

Die groep studente, die soldate, die vlugbemanning en die hotelwerkers het almal negatief vir die virus getoets.

Die studente keer dus vandag na hul onderskeie families terug.

Ramaphosa het ook beloof om sertifikate van uitnemendheid aan The Ranch se werkers uit te reik. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Ramaphosa het intussen ook onderneem om sertifikate van uitnemendheid aan elk van The Ranch se werkers te onderteken, wat vrywillig na die groep help omsien het, asook die weermaglede wat hulle uit Wuhan na Suid-Afrika teruggebring het. Die weermaglede was ook sedertdien in kwarantyn.

“Ek het aan die gesondheidsminister gesê as enigiemand sertifikate vir uitstekende diens moet kry, is dit júlle,” het Ramaphosa onder luide toejuiging van die werkers gesê.

“Die ondervinding van die Suid-Afrikaners in Wuhan dui op die doeltreffendheid en die noodsaak van ʼn staat van algehele afsondering. Danksy die ingrypende stappe wat die Chinese regering gedoen het om die virus te beheer, kon ons mense gesond terugkeer.”

Meer as 700 000 mense wêreldwyd het reeds die siekte opgedoen en meer as 33 000 het daaraan gesterf.

In Suid-Afrika staan die dodetal op twee en die getal besmettings was teen Sondag 1 280.

Honderde mense in Philippi in die Wes-Kaap staan die afgelope naweek tou om basiese benodigdhede by ‘n winkel aan te skaf. (Foto: Tracey Adams/ANA)

“Die doeltreffendste manier vir ʼn samelewing om die verspreiding van die siekte te voorkom, is ongetwyfeld vir die bevolking om tuis te bly en vir minstens ʼn paar weke ʼn fisieke afstand van mekaar te handhaaf. Dit is belangrik dat daar aan al die maatreëls van die afsondering voldoen word,” het Ramaphosa gesê.

“Die lesse van die Suid-Afrikaners in Wuhan is dat afsondering werk.”

Ten spyte hiervan gaan duisende Suid-Afrikaners van vandag af die strate invaar om hulle maatskaplike toelae te gaan afhaal. Die beperkings op openbare vervoer is boonop verslap sodat begunstigdes die toelae by betaalpunte kan gaan haal.

Die uitbetaal van maatskaplike toelae gaan gewoonlik gepaard met ellelange toue en groot groepe mense wat by die punte saamdrom.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sean ·

No problem Teen daai paar sent uit die staatskas kan rommelstatus suid afrika dit mos bekostig

Johan Venter ·

Jip, Cyril is opgepomp met die Chinese wat ons wys hoe dinge gedoen word. So leer ons by hulle.

Terloops, hoe weet hy afsondering het vir die 114 mense gewerk?

Dr Pieter ·

Op 10 Maart het die president aangekondig dat dit R25miljoen sal kos om die lewens te red van die 184 mense wat 51 dae in Wuhan vasgekeer was. Sou dit ook te duur wees as dit u kinders of familie was?

Moet ons die ongeveer 114 Suid Afrikaners wat in Londen vasgekeer is aan hulle lot oorlaat? Ek bid dat hulle ook gehelp word, en so ook die talle ander wat in die buiteland gestrand is.

Die huidige afsonderingsmaatreëls kos ook miljoene om vir u en my te beveilig.

Ten minste word ons belasting geld vir eens goed aangewend.

Jaco ·

dis net our people op die fotos van die Suid-Afrikaners wat vanaf Wuhan gekom het. waarom werk hulle dan ook in China? danksy regstellende aksie IS daar dan werk vir hulle in SA.

De Villiers ·

Ek wonder hoekom het die nar nie weer sy uniform aan nie…

Joe Olivier ·

Vir 25 jaar al blameer hulle alles op apartheid en nou erken ramaphosa uiteindelik dat apartheid die oplossing is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.