Volle naam: Deon Godfrey Meyer
Beroep/Veld: Skrywer van spanningsverhale
Plek van Geboorte: Paarl
Aantal jare ervaring: 20
Prestasies: Sy boeke het al pryse soos die ATKV-prosaprys, Le Grand Prix Policiere en Prix Mystère de la Critque in Frankryk ontvang, asook die Duitse Misdaadfiksie-prys.
Google Hits: 8 280 000
Biografie:
Sonder twyfel een van Suid-Afrika se suksesvolste skrywers. Hy het reeds 11 spanningsverhale geskryf wat in 25 tale vertaal is. Draaiboeke vir televisie en film vloei ook uit sy pen. Hy het verskeie toekennings agter sy naam. Die Engelse vertaling van Proteus, getiteld The heart of the hunter, is deur die Chicago Tribune as een van die tien beste spanningsromans in Amerika aangewys.
Skakels:
- Wikipedia
Deon Meyer het die talent vir die skryf van speurverhale ontvang en hy is die beste. Sy boeke is onbeskryflik nagevors en geskryf en daarom so populêr en spannend om te lees