Deon Opperman

Volle naam: Deon Opperman

Beroep/Veld: Dramaturg, regisseur en vervaardiger

Plek van Geboorte: Uitenhage, Kaap (nou Oos-Kaap)

Aantal jare ervaring: 30 jaar in dramabedryf (sedert 1984)

Prestasies: Pryse sluit onder meer in:  AA Mutual Vita-prys as dramaturg van die jaar (1984), Grahamstadse Nasionale Kunstefees dramaprys  (1985), Eugène Marais-prys (1987), Fleur du Cap-prys vir beste inheemse dramateks (Stille nag- 1991), Standard Bank-prys vir jong dramakunstenaar (1992), Hertog-prys vir drama (2006, 2009), agt Vita-toekennings (waaronder vir Suid-Afrikaanse dramaturg van die jaar). Skrywer en regisseur van gewilde musiekspele (soos Ons vir jou en TREE AAN!) en verskeie TV-produksies (soos Kruispad, Hartland en Getroud met rugby).

Google Hits: 69 700

Biografie:
Deon Opperman het reeds meer as 40 dramas en 50 teaterproduksies in Afrikaans en Engels geskryf. In 1996 stig hy een van die mees toonaangewende filmskole in die land (Stigter van die SA School of Motion Picture Medium and Live Performance). Dit is veral sy werk oor die Afrikaner wat kykers aangryp.

Skakels:

  • Wikipedia
  • Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.