Drie mense ontvang hospitaalbehandeling vir die newe-effekte van chemiese inaseming ná diesel Woensdagoggend op een van die verdiepings van die SAUK se Radio Park-gebou in Auckland Park in Johannesburg uitgemors en walms veroorsaak het.
SAUK-woordvoerder Vuyo Mthembu het gesê die storting is veroorsaak deur ʼn dieseltenk wat weens “verouderende en swak” toerusting oorgeloop het. Volgens haar was daar ʼn kragonderbreking in die omgewing, wat beteken die uitsaaier se interne stelsel het van krag wat deur City Power verskaf word, oorgeskakel na ʼn rugsteunkragopwekker.
“Die welstand en veiligheid van SAUK-werkers is die grootste prioriteit en as voorsorgmaatreël het alle werkers die Radio Park-gebou veilig verlaat,” het Mthembu gesê.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, het gesê drie pasiënte is op die toneel behandel en daarna per ambulans na ʼn hospitaal geneem.
Volgens Herbst is ʼn klein groepie mense na bewering op die 17de verdieping gestrand, omdat hulle weens die bedwelmende walms nie die gebou kon verlaat nie.
Gelukkig was apartheid ‘n kwarteeu gelede.