Francois Pienaar

Volle naam: Jacobus Francois Pienaar

Beroep/Veld: Rugby, Kaptein van die Springbokspan

Plek van Geboorte: Vereeniging

Prestasies: Kaptein van die Springbokke in die 1995 Wêreldbeker-oorwinning, 29 wedstryde as kaptein van die Springbokke

Google Hits: 98 300

Biografie:
Pienaar is hoofsaaklik daarvoor bekend dat hy die kaptein was van die eerste Suid-Afrikaanse span om ‘n Wêreldbeker te wen. Die Springbokke was in 1995 in die 9de posisie op die wêreldranglys en niemand het verwag dat hulle die onoorwonne Australië sou onttroon nie. Nelson Mandela het tydens die feesvieringe ná die wedstryd met ‘n nr.5-rugbytrui (soortgelyk aan Pienaar s’n) op die veld verskyn. Pienaar het dit duidelik gemaak die oorwinning was nie net vir die 60 000 Ellispark-ondersteuners nie, maar vir die 43 miljoen Suid-Afrikaners. Matt Damon speel die rol van Francois Pienaar in die 2009-rolprent, Invictus.

Skakels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Daniel Hulley ·

Francois Pienaar sowel as mandela het nie n no 5 rugbytrui gedra nie ,maar wel n no 6. Ai.!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.