Heimwee

Woorde deur J R L van Bruggen en musiek deur S le Roux Marais. Die geliefkoosde opname is die een deur Mimi Coertse. Heimwee het die top 10 gehaal in die tradisionele kategorie in die soeke na die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye.

My hart verlang na die stilte
van die wye wuiwende veld;
ver van die stadsgeluide,
en die klinkende klank van geld.
Ek is moeg vir die rustelose lewe
van mense wat kom en gaan.
‘k Wil terug na die vrye ruimte
waar ‘n siel in woon, wat verstaan.
O, ek sien weer die son op die velde
en die ewige blou daarbo.
En my hart skiet vol van heimwee,
en my drome swem in my oë.
Ek sien weer die ylbloue berge
daar ver oor die westerkim,
en wonder nie meer waarom weemoed
so sag uit my liedere klim.
Klim na die grys lug bowe
waar die son in die miste kwyn,
want o, ek verlang na die velde,
Na die ewige sonneskyn.

http://www.youtube.com/watch?v=JNlZgYAJpRQ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.