HF Verwoerd

Volle naam: Hendrik Frensch Verwoerd

Beroep/Veld: Staatsman en politikus

Plek van Geboorte: Amsterdam

Aantal jare ervaring: 40

Prestasies: Redakteur van Die Transvaler en leier in die Nasionale Party; Minister van Naturellesake en ʼn sleutelfiguur in aparte ontwikkeling, later Apartheid; Premier en latere eerste minister van Suid-Afrika; Instrumenteel in Suid-Afrika se republiekwording

Google Hits: 333 000

Biografie:
Sielkundige, joernalis en later politikus. Sleutelfiguur in die ontwikkeling van die aparte ontwikkelingsbeleid, Apartheid, gepaardgaande met wetgewing soos die Bevolkingsregistrasiewet en staatshervorming soos tuislandontwikkeling. Speel ʼn sentrale rol in die totstandkoming van die Republiek van Suid-Afrika. Sterf in ʼn sluipmoord in die parlement in 1966.

Skakels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Herman Fyfer ·

Prof Carel Boshoff is die grootste Afrikaner ooit,maar aangesien sy profiel nie hier is nie kies ek vir Dr.Verwoerd

Hennie ·

Suid-Afrika sou vandag ‘n beter land gewees het as hy nie vermoor was nie.

Hermanus Bouwe ·

Hy word nog in 2012 beskulig vir di K@K wat hulle aan vang! lol Watter goor man is hy ni! Om nou nog skuld te kry!

Eugene ·

Ag regtig Arno, hoe wys jy nou jou totale gebrek aan kennis en insig! Hou op om voor die TV en in jou koerant vasgevang te sit, en skakel tog jou Jakaranda of 5FM af en gaan doen ‘n bietjie self ondersoek. Te veel mense is te lui om ordentlik self te gaan ondersoek en vir hulself te dink. Hulle word hul lewe lank deur ander aan die neus rond gelei en volg uitgediende en vals ideologieë en dit vir ‘n agenda waarvan hulle nie eers bewus is nie!

Die kommuniste het ‘n goeie naam vir diesulkes – “useful idiots” Die Amerikaners noem hulle “Sheeple”

Dr. Verwoerd was inderdaad die grootste Afrikaner en staatsman – en daarom is hy ook vermoor!

Mike ·

Beslis Dr H F Verwoerd hy was ‘n ware leier wat nie planloos met ekstremistiese organisasies sou onderhandel het oor sy mense se toekoms nie.

Chris ·

Jan Smuts was `n baie beter leier as Verwoerd. Verwoerd was die grootste ramp wat Suid Afrika nog ooit getref het. Hy het nie slegte planne gehad nie maar dit verkeerd uitgevoer. Hy het die sisteem `n naam “apartheid” gegee en dit het die plan uit die lug geskiet. Jan Smuts was van plan om die swartes in die ekonomie betrokke te maak en hulle produktief te kry, dieselfde as wat in Botswana gebeur het. Maar die Nattes het gedink dis nie goed nie en toe veroorsaak hulle al die probleme wat ons vandag mee sit.

Frank ·

As die Britte hom nie uitgehaal het nie was Suid Afrika vandag ‘n heel ander plek …

LiZL. ·

Arno en Hermanus, vat tog die pad asb, duidelik het julle geen vaderlandstrots, patriotisme of iets oor vir jou nasie jou volk of jou herkoms nie. Hendrik Verwoerd was `n ware leier gewees.

Jan Greeff ·

Die laaste werklike Staatsman wat ons land geken het. Die wat na hom gekom het was meer geinteresseerd in selfbeeld en hulle eie sak as in die land en al sy mense.

Helena ·

Dr Verwoerd was nie die “vader van apartheid” soos baie mense sê nie, gaan lees bietjie die geskiedenis!
Hy wou vir blankes en swart mense elk hule eie plek in die land gee, ook om oor hulself te kan regeer.
Die swart mense het egter verkies om vir wittes te werk, eerder as om hul tuislande te ontwikkel en hulp te vra om hul tuislande te ontwikkel.
Apartheid was nodig om Suid-Afrika te kon ontwikkel, daarom het mense soos Ronald Regan en Margaret Thatcher dit ondersteun. Kyk maar na die res van Afrika en selfs nou hier by ons. Die swart nasies het nie die vermoë om ‘n land te kan bou of instand te kan hou nie.

Esther Coetzee ·

Die totaliteit van die ANC leierskap is nie waardig om Dr Verwoerd se skoenveters vas te maak nie,Mandela inkluis.

Corrie Jacobs ·

As ek dit nie mis het nie, Sou Mandela gehang het as Dr Verwoerd hom nie gebegenadig het nie?
Grootste Afrikaner ooit!

Jan Muller ·

Hy was n afrikaner in murg en been,hy is een keer amper deur PRAT dood geskiet _maar hy moes dood omdat hy in die pad gestaan het van mense in ons eie parlement,wat vandag nog leef. Vra jou self hoe kon n man met n geskiedenis van STAFENDAS in die parlement kon werk kry in die hoofkamer.Iemand het die keurings proses omseil,anders is dit onmootlik om daar im te kom.DINK DAAR OOR.

andre hattingh ·

Hy het vooruit beplan en wou dat swartes hulle self moes vestig in hul eie tuislande en hulle bewys. As dit gebeur het soos beplan, sou hulle nie vandag op ons rue gery het om iewers te kom nie. Dan sou die buitewereld kon sien wat hulle eintlik is! Kan niks doen as hulle nie op die blanke se rug kan ry nie!

Zurietta Pieterse ·

Wel as die ANC regering hom steeds beskuldig na al die jare omdat die boeke by Skole nie betyds afgelewer is nie en dat swartmense nie kan vorder in Wiskunde nie omdat hy Wiskunde TE MOEILIK GEMAAK HET, moet hy iemand indrukwekkend wees en nog so bang is vir hom dat al sy beelde
verwyder moet word. Hy was dalk nie konsekwent met alles nie, maar hy het definitief na sy nasie gekyk oa die Afrikaner, wat mens nie dieselfde kan se van die huidige regering nie. Hulle laat hulle eie mense swaar kry vir selfverryking, miskien Verwoerd ook, maar hy was nie suinig om te investeer in sy volk nie.

toks niemand ·

Was dit nie vir die visie in die toekoms deur H.F.V. was hierdie land al 40 jaar terug in die gemors waarin dit tans verkeer!!!

Dawid ·

Verwoerd was ‘n Hollandse immigrant en nie ‘n Afrikaan of Afrikaner nie.
Dus hoort hy nie op hierdie lys nie

Andre de Kock ·

@Dawid-as dr Verwoerd ‘n immigrant is wat maak dit jou oupagrootjie-en met implikasie jou?
As hy as immigrant soveel omgegee het-kyk na wat dr Verwoerd aan die armblankevraagstuk gedoen het-dan behoort jy wat hier gebore is jou te skaam vir jou bydrae. Juis daarom is hy die Grootste Afrikaner!

Brenda Bothma ·

Oor dr. Verwoerd kan boeke vol geskryf word, maar soos ons almal weet vang die hoogste bome die meeste wind! Hy het al die bevolkingsgroepe van die land se belange op die hart gedra en hom altyd, as ‘n Afrikaner, vir die Afrikaner beywer. Sy toekomsvisie vir die land was om die minste te se, fenominaal. Met sy dood het almal, Blank en Swart, in die strate gehuil en was die hele land, vir dae in rou. As daar al ooit ‘n ware Afrikaner was, dan was dit hy!

Leon Dormehl ·

Die stelsel van aparte ontwikkeling soos deur Dr Verwoerd beplan was ‘n baie meer regverdige stelsel as wat later deur ander politici verwring is tot “apartheid”, waar een groep alles gekry en ander niks. Hy draai in sy graf om as hy kon sien wat het sy opvolgers met sy plan gemaak . En dit dan nog so bewimpel het dat HY die skuld vir die gemors kry waarin ons vandag is. As hy nie uit die prentjie uitgehaal is nie sou die situasie vandag heeltemaal anders gewees het!

Willie Joubert ·

As hulle nie Dr Verwoerd vermoor het nie, sou sy plan vandag ‘n groot sukses deur die hele Afrika gewees het.

Braam Olivier ·

Hierdie man het die wêreld van sy tyd gaande gehad oor sy Staatmanskap en leierseienskappe. Oral in die wêreld wou mense hom sien/met hom praat. Die Zoeloe koning het hom genoem “vriend van die swartman”. In sy tyd het hy meer vir swartmense gedoen as enige een voor hom. ‘n Rasis “per definisie” soos wat mense sonder eie opinies verstaan as een wat swart mense haat, was hy definitief nie, maar hy was ‘n pragmatis, ‘n realis, iemand wat skole gebou het vir swartmense, verpligte onderwys vir hulle afgekondig het, behuising gedoen het beter as ooit. In debatte kon niemand hom wen nie- hy was altyd goed voorbereid en het al die moontlikhede deurdink. Dr Verwoerd, ons sal vir U altyd onthou !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.