Jan Smuts

Volle naam: Jan Christiaan Smuts

Beroep/Veld: Staatsman en militêre leier

Plek van Geboorte: Plaas Bovenplaats, distrik Malmesbury in die Kaapkolonie

Aantal jare ervaring: 29 (1919 – 1948)

Prestasies: Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika; Veldmaarskalk in die Tweede Wêreldoorlog en lid van die oorlogskabinet onder Churchill; Stigter van die League of Nations en outeur van die voorwoord tot die United Nations Charter; Bydraer tot die stigting van die Britse Gemenebes van Lande.

Google Hits: 1 940 000

Biografie:
Staatsman, militêre leier en filosoof. Smuts dien as Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika van 1919 tot 1924. Synde ʼn veteraan van die Eerste Wêreldoorlog, dien hy ook in die Tweede Wêreldoorlog as Veldmaarskalk. Hy speel ʼn prominente rol in die oorlogskabinet van Churchill. As gerekende staatsman dra hy by tot die stigting van die “League of Nations”, ʼn voorganger van die huidige Verenigde Nasies.

Skakels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Piet le Roux ·

Op 10 Oktober 1942, tydens die Tweede Wêreldoorlog, is Jan Smuts en die situasie in Suid-Afrika in die Amerikaanse tydskrif “Colliers Weekly” so beskryf: “South Africa is on the spot. Insidious influences, racial differences and shortsighted, selfish men are hindering that country’s war effort. But Smuts, Africa’s white hope, is solving the complex problem.”

Smuts is ook beskryf as: “South Africa’s foremost champion of democracy…”

Klik hier vir die oorspronklike artikel, met foto’s van die Suid-Afrikaanse oorlogspoging: http://www.unz.org/Pub/Colliers-1942oct10-00015

Bertie du Plessis ·

Smuts het Suid-Afrika geïndustrialiseerd. In 1920 nog was dit ewe moontlik vir Kenya om die toonaangewende land suid van die Sahara te word. Smuts het mense soos Hendrik van der Bijl teruggelok na Suid-Afrika om Yskor en Eskom begin wat die infrastruktuur van die land geskep het. Sy reputasie het beleggings na SA gelik. Hy is in sy persoon verantwoordelik vir die ekonomiese voorspoed wat Suid-Afrika bo sy eweknieë laat uitstyg het. Hierby kom sy intellektuele leierskap. Die term holisme wat vandag allerweë gebruik word, is van Smuts. Hy het die wetenskappe, veral die paleontologie bevorder en ‘n bydrae gelewer om Darwin se insigte te bevorder. Hy het ook ‘n bydrae gelewer tot die studie van plante, veral grassen, in Suider-Afrika.

Herman Steyn ·

Soos ek dit het, het:
* Hy vir eendag lank as eerste minister van Engeland waargeneem (persoonlike vriend van Winston Churchill). * Einstein het na Smuts se idee oor holisme verwys as een van die twee denk-rigtings (die ander is Einstein se relativiteit) wat die 21ste eeu sal be-invloed.
* Einstein noem hom “One of 9 people in world who understand relativity”
* Persoonlike vriend van die bekende ekonoom, Keynes
* Skrywer van die aanhef tot die grondwet van die Verenigde Nasies
* Die enigste persoon wat beide grondwette van die Statebond en die Verneigde Nasies onderteken het.
* Die Koningin maak ‘n hoe-vlak toekenning aan hom vir sy bydrae tot een van die biologiese wetenskappe (sy stokperdjie – hy was ‘n regs-geleerde).
* ‘n Man wat poskantoor toe geloop het om ‘n seel vir ‘n brief te koop omdat hy nie ‘n seel wat met belasting-geld gekoop is vir ‘n persoonlike brief sou gebruik nie.

Boeta Slabbert ·

Dankie dat jy vir hierdie grootste van alle Suid Afrikaners opkom. Hoe tragies dat daar so min is wie hom kon waardeer. Jy is baie welkom om vir my te e-mail. Groete, Boeta Slabbert

Boeta Slabbert ·

Oorlede gen. Jan Christiaan Smuts was so ‘n groot man dat dit nie moontlik is om al sy prestasies op te noem nie, of om hom te beskryf nie. Watter tragedie dat so ‘n man deur sy volk nie waardeer is nie, omdat hy soveel groter gedink het, en so ver vooruit. ‘n Land kry eenkeer in sy bestaan die geleentheid om so ‘n man te hê, en Suid Afrika het sy geleentheid nie waardeer nie. As ons terugkyk: wat was die gevolg vir die nageslag, van die sienings van oorlede gen. Smuts se opponente en kritici? As hulle maar na hierdie groot man wou luister!! Maar toe luister die volk na mense wie nie in sy skaduwee kon staan nie. En tot vandag toe word mense opgehemel wie nie sy skoenrieme kan vasmaak nie. Oorlede gen. Smuts het wêreldaansien geniet, maar hy het OOK wet en orde in sy land gehandhaaf, teenstrydig met sommige ander wie vreeslik deur die wêreld opgehemel word, maar hul oë toemaak waar onskuldige kindertjies op plase vermoor word. Gen Jan Christiaan Smuts sal seker nooit geëwenaar word in Suid Afrika nie.

Andre de Villiers ·

Hy was beslis ‘n intellektuele reus wie se begrip van holisme die voorganger is van vandag se stelseldenke, wat al meer noodsaaklik raak as ons op hierdie planeet wil oorleef. Uiteindelik het meeste dinge in die wereld met mekaar ‘n verband. Hy was ook as natuurwetenskaplike sy tyd vooruit. Hy het ons begin ‘globaliseer’ en sonder hom was Suid-Afrika steeds net nog ‘n Afrikaland. Hy het selfs met Einstein gekommunikeer en meegehelp dat Brittanje en die VSA in die bou van die eerste kernbomme saamgewerk het.

Sophia Kapp van Eeden ·

Waarskynlik een van die mees onderskatte figure in ons geskiedenis. Hy het buitengewone begrip getoon vir die plek wat Suid-Afrika in Afrika en die wêreld na die Tweede Wêreldoorlog moes inneem en het ons geposisioneer (ten koste van sy persoonlike gewildheid en steun) om dit te kon regkry. Hy het my stem.

Barry ·

Die grootste staatsman,krygsman,mens, en intellektueel wat die land opgelewer het.Indien sy visie uitgevoer is na 1948 sou hierdie land baie anders daar uit gesien het.

David ·

Time magazine het in Mei 1942 ‘n artikel oor genl Smuts gehad.
Daar is baie wat hulle oor hom genoem het waarvan ek onbewus was.
‘n Voorbeeld is dat hy deur die Britse kabinet beskou was as die geskikste kandidaat om by Churchill oor te neem sou laasgenoemde sterf.
Hy was besonders om ‘n lid van ‘n kabinet van sy eertydse vyand te gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.