Volle naam: Juanita du Plessis
Beroep/Veld: Sangeres
Plek van Geboorte: Windhoek, Namibië
Aantal jare ervaring: Meer as 12 jaar (verwerf veral opspraak met haar liedjie “Ska-rumba” in 2000)
Prestasies: Sy ontvang in 2010 ‘n SAMA-toekenning vir die Beste Afrikaanse DVD (10 jaar Platinum Treffers). Haar CD Engel van my hartword in 2010 aangewys as die grootste plaaslike verkoper van die jaar. In 2012 ontvang sy ‘n diamantprys by die Ghoema’s vir uitstekende CD-verkope deur die verloop van haar loopbaan sowel as ‘n Ghoema vir beste geestelike album. Sy het meer as 21 600 volgelinge op Twitter.
Google Hits: 731 000
Biografie:
Juanita is getroud met haar bestuurder Doepie du Plessis. Saam het hulle drie kinders (Ruan, Mario and Franja). Haar totale CD-verkope het reeds die 1,35 miljoen-merk verbygesteek. Sy word beskou as ‘n diep gelowige en liefdevolle mens. Oor haarself sê sy: “Ek is ‘n doodgewone vrou; ‘n ma wat elke dag my droom en passie lééf!”
Skakels:
- Wikipedia
Sy verdien dit def!! Slegs net die woorde dat sy ‘n doodgewone vrou en ma is nes ek en ek kan sien dat dit ook vir haar ‘n passie is, verdien sy def my stem!!
Sy is ‘n wonderlike vrou!!!! Sy verdien dit.
Sy is ‘n voorbeeld vir ons vrouens en moeders vandag.
Hierdie vrou het haar hart in die HEMEL en haar voete op die AARDE. Sy is ‘n legende, so Afrikaner as kan wees!
Sy is die beste vroulike kunstenaar ooit!
Sy hoort beslis NIE op hierdie lys nie – sy dink sy is beter as ander mense en oordeel; sy is “stuck up”. Hierdie tipe houding is nie ‘n indikasie van ‘n groot Afrikaner nie.
Die mense wat so negatief van haar praat is net jaloers!!!!Wie beter as Juanita verdien dit….
Sy is SA se eie Lady Diana, ek het nog nooit so ‘n warm liefdevolle mens ontmoet nie. Sy is elke vrou en dogtertjie se idol.