Koos de la Rey

Volle naam: Jacobus Herculaas de la Rey

Beroep/Veld: Boeregeneraal gedurende die Tweede Vryheidsoorlog en Politieke Leier

Plek van Geboorte: Winburg, Oranje-Vrystaat

Aantal jare ervaring: 48

Prestasies: Verskeie strate in Suid-Afrika en Nederland is na hom vernoem. Uiters suksesvolle militêre veldtog tydens die Tweede Vryheidsoorlog

Google Hits: 140 000

Biografie:
De la Rey het in die Basotho-oorlog van 1865 geveg en in Sekhukhune se oorlog van 1876.  Hy is verkies tot kommandant van die Lichtenburg distrik en word lid van die Transvaalse Volksraad. Hy word algemeen aanvaar as die sterkste Boeregeneraal tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Oorspronklik gekant teen die oorlog, alhoewel gesê dat as die tyd vir oorlog sou kom, hy sou veg lank nadat dié wat koukus oor die oorlog, al opgegee het. Reis saam met Louis Botha en Christiaan de Wet na Europa om fondse in te samel vir die verarmde Boere wie se plase in die verskroeideaarde-beleid van die Britte vernietig is.

Skakels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Corné Viljoen ·

Hierdie “IKOON” Genl. JH de la Rey, is vir ons almal ‘n voorbeeld van ‘n Godvresende man, met sober waardes, uitstaande leierskap vermoë…. vanselfsprekend maar nie verbasend nie, dat meer as 100 jaar na sy dood daar selfs ‘n afrikaanse”hit song” van juis die ikoon geskryf en gesing is.. en vandag nog gesing word. ‘n Volksleier soos dié is nodig in ons moderne era. Voorwaar vir ons ‘n voorbeeld om na te streef.
Ek salueer u “Generaal de la Rey” !

Jan Muller ·

BOK VAN BLERK kan nie verkeerd wees nie.Een van ons grootste helde in ons geskiedenis.

Andries Raath ·

‘n Geloofsman – geloof in God, sy volk en sy burgers; vreesloos, toegewyd, ‘n onvermoeide yweraar vir wat reg is; ‘n mistieke aanvoeling vir proporsie, taktiek en strategiese bewegings – dit en nog meer is Koos de la Rey – ek stem vir so ‘n man om koers en leiding in beroerde tye te gee.

Delene Pienaar ·

‘n Godvresende Afrikaner met besondere sterk karakter eienskappe waarvan die bekendste seker sy LOJALITEIT teenoor sy Skepper en sy Volk is! Sy woord was sy eer en die bekendste hiervan is sy woorde aan pres Paul Kruger….”Ek sal my plig doen soos die Volksraad verlang, en u sal my nog in die veld aantref lank nadat u en die spul wat met hulle monde oorlog voer, die land uitgevlug het!” Hy was ‘n Militêre Genie en die loopgrawe is sy uitvindsel, inisiatief en strategie!

Hy het nooit enige ondeurdagte besluite geneem nie! Dis alom bekend dat hy eers sy Skepper vir raad en leiding geraadpleeg het, wat hom in staat gestel het om in oorleg en met behulp van die Boere Profeet Siener van Rensburg die Boere deur verskeie veldslae te kon lei en begelei! As gevolg van sy opregte lojaliteit teenoor sy Skepper en Volk, het die Hemelse Vader sy Hand oor sy vrou Nonnie en haar kinders en haar handlangers gehou! Sy noue kontak met sy Skepper en Siener van Rensburg het hom in staat gestel – om sy vrou Nonnie – elke keer betyds en voor elke veldslag te kon waarsku, waarna sy ingespan en voor die kaki’s uit gevlug het!

Nadat hy sy aartsvyand Lord Methuen gewond op die slagveld aangetref het, was dit Genl Koos de la Rey wat met opregte meegevoel sy simpatie teenoor sy vyand uitgespreek het! Lord Methuen het na sy vrou Nonnie en die kinders se welstand verneem, waarna Genl Koos de la Rey hom meegedeel het, dat sy en die kinders nog veilig in die veld is. Hierdie is ‘n sprekende voorbeeld van genade in hierdie Godvresende man se lewe!

Dit is nie sonder rede, dat hierdie uitsonderlike volksman se nagedagtenis in ‘n Afrikaanse treffer verewig is nie! In hierdie onstuimige tyd waarin die Volk hom nou weer bevind is die boodskap duidelik: Wees ‘n mens met karakter en inbors en Sy genade sal oor jou skyn!

GJJ McCarthy ·

Oom Koos was & sal vir altyd die grootste Afrikaner bly, agv sy totale toewyding tot die Afrikanersaak & veral dmv sy bydrae tot die ABO. Salute’ oom Koos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.